Scripture Stories
Hoofstuk 7: Bou van die Skip


Hoofstuk 7

Bou van die Skip

Beeld
Nefi

Nadat Nefi se familie vir baie dae by die see gekamp het, het die Here met Nefi gepraat. Hy het vir hom gesê om ʼn skip te bou om sy familie na die beloofde land te neem.

Beeld
Nefi besig om gereedskap te maak

Nefi het nie geweet hoe om ʼn skip te bou nie, maar die Here het gesê dat Hy hom sou wys. Hy het vir Nefi gesê waar om metaal te vind om die gereedskap te maak wat hy sou nodig kry.

Beeld
Laman en Lemuel met Nefi

Laman en Lemuel het Nefi gespot omdat hy ʼn skip wou bou. Hulle het nie geglo dat die Here vir Nefi gewys het hoe om dit te doen nie. Hulle het geweier om te help.

Beeld
Nefi praat met Laman en Lemuel

Nefi het vir Laman en Lemuel gesê om te bekeer en nie opstandig te wees nie. Hy het hulle herinner dat hulle ʼn engel gesien het. Hy het ook vir hulle gesê dat God die mag het om alle dinge te doen.

Beeld
Laman en Lemuel wou Nefi in die see gooi.

Laman en Lemuel was kwaad vir Nefi en wou hom in die see gooi.

Beeld
Nefi met Laman en Lemuel

Toe hulle na Nefi toe kom, het hy hulle beveel om hom nie aan te raak nie omdat hy vervul was met die krag van God. Laman en Lemuel was vir baie dae bevrees.

Beeld
Laman en Lemuel val agteroor

Die Here het toe vir Nefi gesê om Laman en Lemuel aan te raak. Toe Nefi dit doen, het die Here hulle geskok. Laman en Lemuel het geweet dat die krag van God met Nefi was.

Beeld
Nefi

Nefi het vir Laman en Lemuel gesê om hulle ouers te gehoorsaam en om God te gehoorsaam. Nefi het gesê dat as hulle dit doen, hulle geseën sou word.

Beeld
Laman en Lemuel bou die skip

Laman en Lemuel het bekeer en Nefi gehelp om die skip te bou.

Beeld
Nefi bid

Nefi het baie keer na die berg gegaan om te bid om hulp. Die Here het hom geleer hoe om die skip te bou.

Beeld
voltooide skip

Toe Nefi en sy broers die skip klaar gebou het, het hulle geweet dat dit ʼn goeie skip was. Hulle het God gedank omdat Hy hulle gehelp het.