Scripture Stories
Hoofstuk 40: Samuel die Lamaniet Vertel van Jesus Christus


Hoofstuk 40

Samuel die Lamaniet Vertel van Jesus Christus

Beeld
Lamaniete wat loop

Die Lamaniete het God se gebooie onderhou. Die Lamaniete het meer regverdig as die Nefiete geword.

Beeld
Samuel preek vir die Nefiete

Samuel, ʼn Lamanitiese profeet, het na Zarahemla gegaan om vir die goddelose Nefiete te preek. Hy het vir hulle gesê om te bekeer.

Beeld
Samuel hardloop weg van Nefitiese wagte

Die Nefiete het Samuel uit hulle stad gegooi en hy was oppad terug na sy eie land toe.

Beeld
Samuel besig om te bid

Maar die Here het vir Samuel gesê om terug te keer na Zarahemla en om die mense die dinge te vertel wat die Here in sy hart sou plaas.

Beeld
Samuel preek bo-op die muur

Die Nefiete wou Samuel nie weer in die stad inlaat nie, toe klim hy tot bo-op die stadsmuur en preek van daar af.

Beeld
mense luister na Samuel

Hy het geprofeteer dat die Nefiete binne 400 jaar vernietig sou word, tensy die mense sou bekeer en geloof in Jesus Christus ontwikkel.

Beeld
Samuel besig om te praat

Samuel het vir die Nefiete gesê dat Jesus Christus binne vyf jaar gebore sou word en dat hy al diegene sou red wat in Hom geglo het.

Beeld
ster bo Betlehem

Samuel het hulle vertel van die tekens van Jesus se geboorte. ʼn Nuwe ster sou verskyn, en die nag voor Jesus se geboorte sal dit nie donker word nie.

Beeld
mans sit in die donkerte

Samuel het hulle toe die tekens van Jesus se dood vertel. Daar sou drie dae van algehele duisternis wees—die son, maan en sterre sou nie skyn nie.

Beeld
weerlig tref geboue

Daar sou ook donder en weerlig en aardbewings wees. Berge sou verkrummel en baie stede sou vernietig word.

Beeld
Nefiete praat met Nefi

Sommige van die Nefiete het Samuel geglo en van hulle sondes bekeer. Hulle het na Nefi, ʼn regverdige Nefiet gegaan, wat hulle kon doop.

Beeld
mense skiet pyle na Samuel

Die res van die Nefiete het Samuel nie geglo nie. Hulle het klippe gegooi en pyle na hom geskiet. Maar die Here het hom beskerm en nie een van die klippe of pyle het hom getref nie.

Beeld
Nefiete skiet pyle

Toe die mense sien dat hy nie getref kon word nie, het baie meer van hulle hom geglo en na Nefi gegaan om gedoop te word.

Beeld
Nefi besig om man te doop

Nefi het ook die mense van Jesus geleer. Hy wou gehad het dat hulle in Jesus moes glo, bekeer en gedoop moet word.

Beeld
mans wat lere klim

Meeste Nefiete het egter nie vir Samuel geglo nie. Hulle het hom probeer vang.

Beeld
Samuel spring van muur af

Samuel het van die muur afgespring en na sy eie land gehardloop.

Beeld
Samuel leer die Lamaniete

Samuel het begin om die Lamaniete te leer. Daar is nooit weer van hom gehoor onder die Nefiete nie.