Scripture Stories
Hoofstuk 8: Vaart oor die See


Hoofstuk 8

Vaart oor die See

Beeld
familie besig om in te pak

Die Here het vir Nefi gesê om sy familie op die skip te neem wat hulle gebou het. Hulle het dit gelaai met vrugte, vleis, en heuning en met saad om in die beloofde land te plant.

Beeld
skip wat seil

Sterk winde het die skip na die beloofde land gewaai.

Beeld
Laman en Lemuel bind Nefi vas

Laman, Lemuel en ʼn paar van die ander mense het begin goddeloos word. Toe Nefi vir hulle sê om op te hou, het hulle kwaad geword en hom met toue vasgebind.

Beeld
skip in die storm

Vanweë hulle boosheid, het die Liahona opgehou om te werk. Hulle het nie geweet in watter rigting om die skip te stuur nie. ʼn Kwaai storm het die skip vir drie dae teruggedryf.

Beeld
Lehi en Saria

Lehi het vir Laman en Lemuel gesê om Nefi los te maak, maar hulle wou nie luister nie. Lehi en Saria was so ontsteld dat hulle siek geword het.

Beeld
mense besig om te stry

Nefi se vrou en kinders het gehuil. Hulle het Laman en Lemuel gesmeek om Nefi los te maak, maar hulle het geweier.

Beeld
skip op die punt om te sink

Op die vierde dag het die storm erger geword. Die skip was op die punt om te sink.

Beeld
Laman en Lemuel

Laman en Lemuel het geweet dat God die storm gestuur het. Hulle was bang dat hulle sou verdrink.

Beeld
Nefi met sy familie

Uiteindelik het Laman en Lemuel bekeer en Nefi losgemaak. Alhoewel sy gewrigte en enkels geswel en seer was van die toue, het Nefi nie gekla nie.

Beeld
Nefi hou die Liahona vas

Nefi het toe die Liahona opgetel, en dit het weer gewerk. Nefi het gebid, en die wind het opgehou waai. Die see het kalm geword.

Beeld
Nefi stuur die skip

Nefi het die skip gestuur, en dit het weer geseil na die beloofde land.