Scripture Stories
Hoofstuk 28: Die Zoramiete en die Rameümptom


Hoofstuk 28

Die Zoramiete en die Rameümptom

Beeld
Zoramiete aanbid afgode

Die Zoramiete het eertyds aan God se Kerk behoort, maar het goddeloos geword en het afgode aanbid.

Beeld
Alma en ander sendelinge

Die Nefiete wou keer dat die Zoramiete by die Lamaniete aansluit, toe het Alma saam met ander sendelinge gegaan om die woord van God aan die Zoramiete te verkondig.

Beeld
sendelinge en Zoramiete

Hierdie sendelinge was verbaas en ontsteld om te sien hoe die Zoramiete aanbid het in hulle kerke, wat hulle sinagoges genoem het.

Beeld
man staan op platform

In die middel van die kerk, het die Zoramiete ʼn hoë platform gebou genaamd die Rameümptom. Daar was net genoeg plek vir een persoon om bo te staan.

Beeld
man met hande in die lug

Die Zoramiete het beurte gemaak om daar te staan, met hande wat hemelwaarts reik terwyl hulle hardop dieselfde gebed voorgedra het.

Beeld
man met hande in die lug

In hierdie gebed het die Zoramiete gesê dat God nie ʼn liggaam het nie; dat Hy net ʼn gees is. Hulle het ook gesê dat daar geen Christus sou wees nie.

Beeld
man bid op podium

Die Zoramiete het gedink dat God slegs vir hulle gekies het om in die koninkryk van die hemel gered te word. Hulle het dank betuig aan God dat hulle sy gunsteling volk was.

Beeld
Zoramiete wat loop

Nadat elkeen van die Zoramiete gebid het, het hulle huistoe gegaan en nie gebid of oor God gepraat vir ʼn hele week nie.

Beeld
Zoramiete met besittings

Die ryk Zoramiete het van goud en silwer gehou, en altyd oor hulle aardse skatte gespog. Alma was hartseer toe hy sien hoe goddeloos hulle was.

Beeld
Alma bid

Alma het gebid dat hy en sy sendelinge krag, vertroosting, en sukses in hulle werk sal hê.

Beeld
biddende sendelinge

Nadat hulle om hulp gevra het om die Zoramiete terug te bring na die waarheid, was Alma en die ander sendelinge met die Heilige Gees vervul.

Beeld
sendeling kry kos

Die sendelinge het toe in verskillende rigtings gegaan om te preek. God het hulle geseën met kos en klere en hulle in hul werk versterk.

Beeld
sendeling onderrig arm mense

Zoramiete wat arm was, was nie in die kerke toegelaat nie. Hierdie mense het begin om na die sendelinge te luister.

Beeld
Alma preek

Baie het vir Alma gevra wat hulle moet doen. Alma het vir hulle gesê dat mens nie binne in ʼn kerkgebou hoef te wees om te bid of om God te aanbid nie.

Beeld
Amulek onderrig mense

Hy het vir hulle gesê om geloof te hê in God. Amulek het hulle toe geleer van Jesus Christus en God se plan vir sy kinders.

Beeld
gelowiges verlaat die stad

Die sendelinge het weggegaan, en die Zoramiete wat hulle geglo het is uit die stad gewerp. Die gelowiges het in die land van Jerson saam met die volk van Ammon gaan woon.

Beeld
mense hou ander dop wat weggaan

Alhoewel die goddelose Zoramiete die volk van Ammon gedreig het, het die volk van Ammon die regverdige Zoramiete gehelp en vir hulle kos, klere en land gegee.