Scripture Stories
Hoofstuk 45: Jesus Christus Onderrig aangaande die Nagmaal en Gebed


Hoofstuk 45

Jesus Christus Onderrig aangaande die Nagmaal en Gebed

Beeld
groep mans besig om te loop

Jesus Christus het sy dissipels gestuur om brood en wyn te gaan kry. Hy het vir die Nefiete gesê om op die grond te sit.

Beeld
Jesus deel die brood

Toe die dissipels teruggekeer het, het die Verlosser die brood in stukkies gebreek en dit geseën. Hy het daarvan aan sy dissipels gegee en hulle moes daarvan aan die mense gee.

Beeld
Jesus praat

Jesus het gesê dat die mense wat van die nagmaal gebruik, belowe om Hom en sy opoffering altyd te onthou. Hulle ontvang dan sy Gees.

Beeld
mense wat wyn deel

Jesus Christus het die wyn geseën en daarvan aan sy dissipels gegee. Die dissipels het van die wyn aan die mense gegee.

Beeld
Jesus onderrig

Jesus het gesê dat diegene wat van die nagmaal gebruik, belowe om sy gebooie te onderhou.

Beeld
Jesus praat met dissipels

Jesus het weer aan sy dissipels gesê dat almal wat van die nagmaal gebruik en Hom altyd onthou, sy Gees sal hê.

Beeld
Jesus praat met mense

Hy het vir sy dissipels gesê dat hulle geseënd sou wees as hulle sy gebooie sal onderhou.

Beeld
Jesus praat met dissipels

Hy het vir hulle gesê om altyd te bid, en om te bid soos hulle Hom gesien bid het.

Beeld
Jesus praat met almal

Die Verlosser het vir al die Nefiete gesê om tot Hemelse Vader te bid in sy Naam. Hy het hulle ook beveel om saam met hulle families te bid.

Beeld
mense luister na Christus

Hy het gesê dat die mense gereeld bymekaar moes kom. Hulle moes ander by hulle dienste verwelkom, vir hulle bid en ʼn goeie voorbeeld vir hulle wees.

Beeld
Jesus gaan op na die hemel

Die Verlosser het sy dissipels die mag gegee om die Heilige Gees te skenk. ʼn Wolk het toe die mense oorskadu sodat slegs die dissipels Jesus gesien opvaar het na die hemel.