Scripture Stories
Hoofstuk 48: Vrede in Amerika


Hoofstuk 48

Vrede in Amerika

Beeld
dissipels besig om mense te leer

Nadat Jesus na die hemel teruggekeer het, het sy dissipels sy Kerk dwarsdeur die land gevestig.

Beeld
man word gedoop

Die mense wat van hulle sondes bekeer het, is gedoop en het die Heilige Gees ontvang.

Beeld
gelukkige mense

Gou is al die Nefiete en Lamaniete tot bekering gebring. Hulle het nie gestry nie en almal was eerlik.

Beeld
mense wat sit

Niemand was ryk of arm nie. Die mense het alles gedeel en almal het alles gehad wat hulle nodig gehad het.

Beeld
man word geseën

Die dissipels het baie wonderwerke in die naam van Jesus Christus verrig. Hulle het die siekes genees en die dooies opgewek.

Beeld
mense besig om te bou

Die mense het nuwe stede gebou waar ander vernietig was.

Beeld
mans wat praat

Hulle het God se gebooie onderhou. Hulle het gebid en gevas en het gereeld bymekaar gekom om die woord van God te hoor.

Beeld
seuns wat speel

Die mense was gelukkig.

Beeld
mans wat praat

Daar was geen rowers, geen leuenaars en geen moordenaars nie. Die mense was nie meer as Nefiete of Lamaniete verdeel nie, maar was almal een, die kinders van God.

Beeld
vader en seun

Die Here het die mense geseën in alles wat hulle gedoen het.

Beeld
mense werk in die lande

Hulle het vir 200 jaar in vrede geleef. Die mense het baie ryk geword.