Scripture Stories
Plekke om te Ken


Plekke om te Ken

Amerika

die beloofde land waarheen God Lehi se familie en die Jerediete gelei het

Ammoniha

ʼn stad van goddelose mense wat nie na Alma die Jongere en Amulek wou luister nie

Babel

ʼn stad vol goddelose mense wat ʼn toring gebou het sodat hulle na die hemel kon klim

beloofde land

enige land waarheen God sy uitverkose volk lei. Hy het Lehi se familie en die Jerediete na ʼn beloofde land gelei.

Betlehem

ʼn stad naby Jerusalem waar Jesus Christus gebore isCumora-heuwel

die plek waar Moroni die goue plate begrawe het en Joseph Smith hulle later opgegrawe het

Jerson

die land wat die Nefiete aan die volk van Ammon gegee het

Jerusalem

die stad waar Lehi aan die goddeloses geprofeteer het en die plek waar Jesus Christus die mense onderrig het en gekruisig is

Nefi

die stad wat Nefi en sy volgelinge gebou het nadat hulle Laman en Lemuel en hul volgelinge verlaat het

Oorvloed1

die plek waar Lehi en sy familie gekamp het nadat hulle vir agt jaar in die wildernis gereis het. Hiervandaan het hulle na die beloofde land gereis.

Oorvloed2

die plek waarheen Jesus Christus gekom het toe Hy die Nefiete besoek het

Sidom

die land waar Alma die Jongere die Kerk gevestig het. Dit het die nuwe tuiste geword van die regverdige mense wat Ammoniha verlaat het.

Waters van Mormon

die plek waar Alma die Nefitiese bekeerlinge gedoop het wat Koning Noag verlaat het

Zarahemla

ʼn hoofstad van die Nefiete wat as beide die regerings- en Kerkhoofkwartier gedien het. Koning Mosia en Koning Benjamin het hier gewoon. Die stad het afgebrand ten tye van Jesus se dood.