Scripture Stories
Hoofstuk 9: ʼn Nuwe Tuiste in die Beloofde Land


Hoofstuk 9

ʼn Nuwe Tuiste in die Beloofde Land

Beeld
beloofde land

Die skip wat Lehi se familie oor die see geneem het, het by die beloofde land aangekom. Die mense het hulle tente opgeslaan.

Beeld
besig om saad te plant

Hulle het die grond voorberei en die saad geplant wat hulle saamgebring het.

Beeld
baie diere

Soos hulle deur hulle nuwe land gereis het, het hulle baie soorte diere gevind. Hulle het ook goud, silwer en koper gevind.

Beeld
Nefi besig om te skryf

Die Here het vir Nefi gesê om metaalplate te maak om op te skryf. Nefi het oor sy familie en hulle reise geskryf. Hy het ook die woorde van die Here geskryf.

Beeld
Lehi praat met sy familie

Lehi het oud geword. Voor sy dood het hy met sy seuns gepraat en vir hulle gesê om God se gebooie te gehoorsaam. Hy het ook sy kleinkinders geseën.

Beeld
Laman en Lemuel is kwaad vir Nefi

Na Lehi se dood het Laman en Lemuel kwaad geword vir Nefi en wou hom doodmaak. Hulle wou nie hê dat Nefi, hulle jonger broer, hulle leier moes wees nie.

Beeld
Nefi en regverdiges gaan weg

Die Here het vir Nefi gesê om die regverdige mense in die wildernis in te lei. Hulle het vir baie dae gereis en uiteindelik gestop by ʼn land wat hulle Nefi genoem het.

Beeld
mense besig om te praat

Die mense wat Nefi gevolg het, het God gehoorsaam. Hulle het hard gewerk en is geseën. Nefi het sy volk geleer om met hout en metaal te bou. Hulle het ʼn mooi tempel gebou.

Beeld
Lamaniete

Laman en Lemuel se volgelinge is Lamaniete genoem.

Beeld
Lamaniete

Die Lamaniete was nie gehoorsaam aan God nie en was afgesny van sy teenwoordigheid. Die Gees van die Here kon nie saam met hulle wees totdat hulle bekeer het nie.

Beeld
Lamaniete veg teen Nefiete

Die Lamaniete was vol boosheid en het dikwels teen die Nefiete geveg.