Scripture Stories
Hoofstuk 23: Ammon: ʼn Groot Dienskneg


Hoofstuk 23

Ammon: ʼn Groot Dienskneg

Beeld
seuns van Mosia vertrek

Die vier seuns van Mosia het Zarahemla verlaat om die evangelie aan die Lamaniete te verkondig. Hulle het elkeen na ʼn verskillende stad gegaan.

Beeld
Ammon word gevange geneem

Ammon het na die land van Ismael gegaan. Die Lamaniete het hom vasgebind en na hul koning, Lamoni, geneem toe hy die stad binnegegaan het.

Beeld
Lamoni en Ammon

Ammon het koning Lamoni vertel dat hy saam met die Lamaniete wou woon. Lamoni was bly en het sy manne beveel om Ammon vry te laat.

Beeld
Ammon bewaak die kuddes

Ammon het gesê dat hy een van die koning se diensknegte wou wees. Die koning het hom gestuur om na sy kuddes om te sien.

Beeld
Lamaniete verdryf die kudde

Een dag, terwyl Ammon en van die diensknegte die kuddes geneem het om water te drink, het Lamanitiese rowers die diere verdryf en probeer om hulle te steel.

Beeld
diensknegte saam met Ammon

Die diensknegte wat saam met Ammon was, was bang. Koning Lamoni het sy ander diensknegte wat diere aan hierdie rowers verloor het, laat doodmaak.

Beeld
Ammon

Ammon het geweet dat dit sy kans was om die mag van God te gebruik om die Lamaniete se harte te wen. Dan sou hulle na sy boodskap luister.

Beeld
Ammon praat met diensknegte

Ammon het vir die diensknegte gesê as hulle die diere wat verdryf is weer bymekaarmaak, sal die koning hulle nie doodmaak nie.

Beeld
Ammon maak die diere bymekaar

Ammon en die ander diensknegte het die diere vinnig gevind en hulle weer terug na die water toe gedryf.

Beeld
Ammon praat met diensknegte

Die Lamanitiese rowers het weer teruggekeer. Ammon het vir die ander diensknegte gesê om die kudde te bewaak, terwyl hy teen die rowers gaan veg het.

Beeld
rowers

Die Lamanitiese rowers was nie bang vir Ammon nie. Hulle het gedink hulle sal hom maklik kan doodmaak.

Beeld
Ammon maak rowers dood

Die mag van God was met Ammon. Hy het van die rowers met klippe getref en doodgemaak, en dit het die res van die rowers baie kwaadgemaak.

Beeld
Ammon veg teen ʼn rower

Hulle het probeer om Ammon met hul knuppels dood te slaan, maar elke keer as ʼn rower sy knuppel opgelig het, het Ammon die rower se arm afgekap. Bevrees, het die res van die rowers weggehardloop.

Beeld
diensknegte praat met die koning

Die diensknegte het die afgekapte arms na koning Lamoni geneem en hom vertel wat Ammon gedoen het.

Beeld
Koning Lamoni

Die koning was verbaas oor Ammon se groot krag. Hy wou Ammon sien, maar was bang want hy het gedink dat Ammon die Groot Gees was.

Beeld
koning bepeins

Toe Ammon ingegaan het om die koning te sien, het Koning Lamoni nie geweet wat om te sê nie. Hy het vir ʼn uur lank niks gesê nie.

Beeld
Ammon preek

Die Heilige Gees het Ammon gehelp om te weet wat die koning se gedagtes was. Ammon het verduidelik dat hy nie die Groot Gees was nie. Hy was ʼn man.

Beeld
Koning Lamoni praat met Ammon

Die koning het Ammon enigiets aangebied as hy hom kon sê deur watter mag hy die rowers verslaan het en die koning se gedagtes kon ken.

Beeld
Ammon praat met Koning Lamoni

Ammon het gesê dat al wat hy wou hê is dat die koning moet glo wat hy sê. Die koning het gesê dat hy alles sou glo wat Ammon aan hom sou vertel.

Beeld
Ammon praat met Koning Lamoni

Ammon het Koning Lamoni gevra of hy in God glo. Die koning het gesê dat hy in ʼn Groot Gees glo.

Beeld
Ammon leer Lamoni

Ammon het gesê dat die Groot Gees God is, dat Hy alles in die hemel en op die aarde geskape het, en dat Hy mense se gedagtes ken.

Beeld
Ammon leer Lamoni

Ammon het gesê dat mense in God se ewebeeld geskape is. Hy het ook gesê dat God hom geroep het om die evangelie aan Lamoni en sy volk te verkondig.

Beeld
Ammon onderrig met skrifture

Ammon het koning Lamoni uit die skrifture van die skepping, Adam, en Jesus Christus geleer.

Beeld
Lamoni bid

Koning Lamoni het Ammon geglo en gebid om vergifnis vir sy sondes te verkry. Toe val hy op die grond neer, en het gelyk of hy dood was.

Beeld
diensknegte van die koning

Diensknegte het die koning na sy vrou gedra en hom op ʼn bed neergelê. Na twee dae het die diensknegte gedink dat hy dood was en besluit om hom te begrawe.

Beeld
koningin praat met Ammon

Die koningin het nie geglo dat haar man dood was nie. Omdat sy van Ammon se groot mag gehoor het, het sy hom gevra om die koning te help.

Beeld
Ammon praat met koningin

Ammon het geweet dat koning Lamoni onder die mag van God was. Hy het die koningin vertel dat die koning die volgende dag sou wakker word.

Beeld
Lamoni word wakker

Sy het heel nag langs Lamoni se sy gebly. Die volgende dag het Lamoni opgestaan en gesê dat hy Jesus Christus gesien het. Die koning en koningin was met die Heilige Gees vervul.

Beeld
Lamoni word gedoop

Lamoni het sy mense van God en Jesus Christus geleer. Diegene wat geglo het, het bekeer van hul sondes en is gedoop.