Scripture Stories
Hoofstuk 43: Jesus Christus Verskyn aan die Nefiete


Hoofstuk 43

Jesus Christus Verskyn aan die Nefiete

Beeld
Nefiete kom bymekaar

Baie Nefiete het by die tempel in Oorvloed bymekaargekom. Hulle was verstom oor die groot veranderinge in die land.

Beeld
mense besig om te praat

Die mense was besig om te praat oor Jesus Christus en die teken van sy dood.

Beeld
mense hoor ʼn sagte stem

Terwyl hulle besig was om te praat, het hulle ʼn sagte stem vanuit die hemel gehoor. Dit het hulle harte laat brand.

Beeld
man hou vrou vas

Hulle het eers nie die stem verstaan nie, maar die derde keer wat dit gepraat het, het hulle dit verstaan.

Beeld
mense besig om te luister

Dit was Hemelse Vader se stem. Dit het Jesus Christus bekendgestel en vir die mense gesê om na Hom te luister.

Beeld
Jesus tussen die mense

Jesus Christus het uit die hemel neergedaal en tussen die mense gestaan. Hulle was te bang om te praat omdat hulle nie verstaan het wat besig was om te gebeur nie. Hulle het gedink dat Jesus ʼn engel was.

Beeld
Jesus praat met mense

Hy het vir hulle gesê dat Hy Jesus Christus is, die een wat die profete gesê het sou kom.

Beeld
Jesus saam met mense

Jesus het vir die mense gesê om die merke in sy sy en in sy hande en voete te voel, waar Hy aan die kruis vasgespyker was.

Beeld
Jesus sit saam met die kinders

Jesus wou gehad het dat die mense moes weet dat Hy hulle God is en dat Hy vir hulle sondes gesterf het.

Beeld
Christus saam met Nefiete

Een vir een het die mense die merke in Jesus se sy, hande en voete gevoel. Die mense het geweet dat Hy die Verlosser is.

Beeld
mense aanbid Jesus

Die mense het Jesus geprys en aan sy voete neergeval en Hom aanbid.

Beeld
Jesus gee die priesterskap aan mans

Jesus het Nefi en 11 ander mans na Hom toe geroep. Hy het hulle priesterskapmag gegee en hulle die regte manier geleer om te doop.

Beeld
Jesus onderrig die mense

Hy het vir die Nefiete gesê om in Hom te glo, te bekeer en om die gebooie te onderhou. As hulle dit nie doen nie, kon hulle nie in sy koninkryk ingaan nie.

Beeld
Jesus onderrig die mense

Hy het die Nefiete geleer hoe om tot Hemelse Vader te bid. Hy het hulle ook van die vas geleer en gesê dat hulle vergewe sou word indien hulle mekaar vergewe het.

Beeld
Jesus onderrig die mense

Nadat Jesus die mense baie dinge geleer het, het Hy vir hulle gesê om huistoe te gaan en oor die dinge wat Hy gesê het te dink en daaroor te bid.

Beeld
Nefiete huil

Die Nefiete het begin huil. Hulle wou nie gehad het dat Jesus hulle tóé al moes verlaat nie.

Beeld
Jesus onderrig die mense

Jesus was lief vir die Nefiete. Hy het hulle gevra om die mense wat siek of pyn gehad het na Hom toe te bring, sodat Hy hulle kon genees.

Beeld
Jesus genees ʼn kind

Jesus het hierdie mense genees. Almal het voor Hom gekniel en Hom aanbid.