Scripture Stories
Hoofstuk 50: Die Jarediete Verlaat Babel


Hoofstuk 50

Die JEREDIETE Verlaat Babel

Beeld
Jared en sy broer gesels

Jered en sy broer was regverdige mans wat in ʼn stad genaamd Babel gebly het. Hulle het honderde jare voor die Nefiete gelewe.

Beeld
goddelose mense in Babel

Meeste van die mense in Babel was goddeloos. Hulle het ʼn toring gebou om te probeer om die hemel te bereik. Die Here het kwaad geraak en hul taal verander.

Beeld
Jared praat met sy broer

Jered het sy broer gevra om te bid en die Here te vra om nie hul familie en vriende se taal te verander nie.

Beeld
Jared se broer bid

Jered se broer het gebid, en die Here het sy gebed beantwoord. Jered, sy broer, en hul familie en vriende kon mekaar nog steeds verstaan.

Beeld
Jared en familie vertrek

Die Here het vir Jered se broer gesê om sy familie en vriende te neem en die land te verlaat. Hulle het hulle diere en alle soorte sade saam met hulle geneem.

Beeld
Jarediete reis

Die Here het gesê Hy sal die Jerediete na ʼn beloofde land lei.

Beeld
Jarediete

Die Jerediete het voëls en visse gevang om saam met hulle te neem.

Beeld
heuningbye

Hulle het swerms heuningbye saamgeneem.

Beeld
Jarediete reis

Die Jerediete het na die wildernis gereis. Die Here het met hulle vanuit ʼn wolk gepraat en vir hulle gesê watter rigting om te gaan.

Beeld
Jarediete

Die Here het gesê dat die mense wat in die beloofde land woon, God moet dien, of hulle sal vernietig word.

Beeld
Jarediete kampeer by die strand

Toe die Jerediete by die strand aangekom het, het hulle hul tente opgeslaan. Hulle het vir vier jaar langs die see gebly.