Scripture Stories
Inleiding


Inleiding

Aan die Leser

Hierdie Boek van Mormon Stories is spesiaal vir jou geskryf. Die stories is geneem uit ʼn boek wat heilig is omdat dit van Hemelse Vader af kom. As jy hierdie stories lees, onthou dat hulle oor regte mense gaan wat baie lank gelede in Amerika gewoon het.

Nadat jy die stories in hierdie boek gelees het, sal jy hulle ook in die Boek van Mormon wil lees. Onder elke prentjie sal jy sien waar jy die storie in die Boek van Mormon kan vind. Kry jou pa, ma, onderwyser, of ʼn vriend om jou te help.

As jy nie weet wat ʼn woord beteken nie, slaan dit na in die “Woorde om te Ken” afdeling agter in hierdie boek. Inligting oor die mense en plekke wat in die Boek van Mormon genoem word is ook agter in die boek ingesluit.

Aan Ouers en Onderwysers

Hierdie boek sal u help om die skrifture te onderrig. Deel u getuienis oor die Boek van Mormon, en moedig diegene wat u onderrig aan om hulle eie getuienisse te kry. Hulle begrip sal groei soos u die volle teks van hulle geliefkoosde stories uit die Boek van Mormon self vir hulle voorlees.