Scripture Stories
Hoofstuk 37: Nefi en Lehi in die Gevangenis


Hoofstuk 37

Hoofstuk 37: Nefi en Lehi in die Gevangenis

Beeld
Helaman en seuns

Nefi en Lehi was die seuns van Helaman. Helaman wou gehad het dat hulle regverdig moes wees soos die Lehi en Nefi wat Jerusalem verlaat het.

Beeld
Helaman leer sy seuns

Helaman het sy seuns geleer om in Jesus Christus te glo. Hulle het geleer dat vergifnis deur geloof en bekering kom.

Beeld
mense word gedoop

Nefi en Lehi het gegaan om die woord van God aan die Nefiete en die Lamaniete te leer. Duisende mense is gedoop.

Beeld
Nefi en Lehi word vasgebind

Toe Nefi en Lehi na die land van Nefi gegaan het, het ʼn Lamanitiese leër hulle in die gevangenis gegooi en hulle vir baie dae geen kos gegee nie.

Beeld
Nefi en Lehi in die vuur

Die Lamaniete het na die gevangenis gegaan om Nefi en Lehi dood te maak, maar kon nie omdat hulle deur ʼn ring van vuur beskerm is wat enige persoon sou brand wat hulle probeer aanraak het.

Beeld
Nefi en Lehi in die vuur

Nefi en Lehi is egter nie deur die vuur verbrand nie. Hulle het vir die Lamaniete vertel dat dit God se mag was wat hulle beskerm.

Beeld
gevangenismure skud

Die grond en die mure van die gevangenis het begin skud. ʼn Donker wolk het die mense in die gevangenis omring en hulle was bang.

Beeld
soldate in die donkerte

ʼn Stem het van bó die duisternis gepraat. Dit was saggies soos ʼn fluistering, tog kon almal dit hoor.

Beeld
mense in die duisternis

Die stem het vir die mense gesê om te bekeer en om op te hou om Nefi en Lehi te probeer doodmaak.

Beeld
soldate op die vloer

Die stem het drie keer gepraat en die grond en die mure van die gevangenis het aangehou skud. Die Lamaniete kon nie weghardloop nie omdat dit te donker was en hulle te bang was.

Beeld
Nefi en Lehi se gesigte straal

ʼn Nefiet wat ʼn lid van die Kerk was, het gesien dat Nefi en Lehi se gesigte deur die donkerte gestraal het.

Beeld
Nefi en Lehi straal

Nefi en Lehi het hemelwaarts gekyk en gepraat. Die man het vir die Lamaniete gesê om te kyk. Hulle het gewonder met wie Nefi en Lehi praat.

Beeld
Aminadab praat met mans

Die man, wie se naam Aminadab was, het vir die Lamaniete gesê dat Nefi en Lehi met engele praat.

Beeld
Aminadab praat

Die Lamaniete het Aminadab gevra hoe om van die donker wolk ontslae te raak. Hy het vir hulle gesê om te bekeer en te bid totdat hulle geloof in Jesus Christus gehad het.

Beeld
Lamaniete bid

Die Lamaniete het gebid totdat die donker wolk weggeneem is.

Beeld
vuur rondom mense

Toe die duisternis verdwyn het, het die mense ʼn vuurkolom rondom hulle gesien. Die vuur het nie vir hulle óf die gevangenismure gebrand nie.

Beeld
Lamaniete

Die Lamaniete het groot vreugde gevoel en die Gees van God het hulle harte gevul.

Beeld
drie Lamaniete

ʼn Stem het gefluister dat hulle vertroos sou word vanweë hulle geloof in Jesus Christus.

Beeld
engele

Die Lamaniete het opgekyk om te sien vanwaar die stem gekom het. Hulle het engele gesien neerdaal vanuit die hemel.

Beeld
Lamaniete wat praat

Ongeveer 300 mense het gesien en gehoor wat in die gevangenis plaasgevind het. Hulle het gegaan en dit aan andere vertel.

Beeld
Lamaniete wat wapens wegbêre

Meeste van die Lamaniete het hulle geglo en hulle wapens weggebêre.

Beeld
Lamaniet en Nefiet besig om te praat

Die Lamaniete het opgehou om die Nefiete te haat en het die land teruggegee wat hulle geneem het. Die Lamaniete het meer regverdig as die Nefiete geword.

Beeld
Lamaniete en Nefiete besig om te loop

Baie Lamaniete het saam met Nefi en Lehi gegaan en het beide Nefiete en Lamaniete geleer.