Scripture Stories
Hoofstuk 33: Koningsmanne teenoor Vrymanne


Hoofstuk 33

Koningsmanne teenoor Vrymanne

Beeld
Pahoran praat met andere

Sommige van die Nefiete wou gehad het dat Pahoran, die hoofregter, sekere van die wette moes verander.

Beeld
mense is kwaad

Toe Pahoran geweier het, was die mense kwaad en wou Pahoran as die hoofregter verwyder. Hulle wou ʼn koning hê, nie regters nie.

Beeld
twee mans wat praat

Hulle is koningsmanne genoem en hulle het gehoop dat een van hulle koning sou word en dan mag oor die mense sou hê.

Beeld
groep manne besig om te bid

Die Nefiete wat Pahoran as hoofregter wou behou, was vrymanne genoem. Hulle wou vry wees om volgens hulle eie keuse te leef en te aanbid.

Beeld
mans wat tou staan om te stem

Die mense het tussen die vrymanne en die koningsmanne gestem. Die meeste van hulle het vir die vrymanne gestem.

Beeld
Lamanitiese leër

Terselfdertyd was Amalikia besig om ʼn groot Lamanitiese leër bymekaar te maak om die Nefiete aan te val.

Beeld
koningsmanne

Toe die koningsmanne hoor dat die Lamaniete oppad was, was hulle bly en het geweier om te help om hulle land te verdedig.

Beeld
Moroni hou koningsmanne dop

Kaptein Moroni was kwaad omdat die koningsmanne nie wou veg nie. Hy het hard gewerk om die Nefiete vry te hou.

Beeld
Moroni praat met goewerneur

Hy het die goewerneur gevra vir die mag om die koningsmanne te dwing om óf teen die Lamaniete te veg óf om hulle dood te maak.

Beeld
goewerneur praat met Moroni

Toe die goewerneur, Pahoran, Moroni hierdie mag gegee het, het Moroni sy leër teen die koningsmanne gelei.

Beeld
Nefiete en Lamaniete in die stryd

Baie koningsmanne is doodgemaak; sommiges is in die gevangenis gegooi. Die res het ingestem om te help om hulle land teen die Lamaniete te verdedig.