Scripture Stories
Mense om te Ken


Mense om te Ken

Aäron

ʼn seun van Koning Mosia en ʼn sendeling aan die Lamaniete

Abinadi

ʼn profeet gestuur om Koning Noag, wat Abinadi laat doodbrand het, te leer.

Adam

die eerste man op aarde

Alma

ʼn priester van Koning Noag wat Abinadi se leringe geglo het en wat later die leier van die Kerk geword het

Alma die Jongere

Alma se seun wat gerebelleer het en probeer het om die Kerk te vernietig, maar wat ʼn verandering van hart ondergaan het en begin het om die evangelie te verkondig. Hy het die leier van die Kerk en die eerste hoofregter geword.

Amalikia

ʼn goddelose man wat koning van die Nefiete wou wees, maar wat die mense se vryheid sou wegneem. Toe hy nie koning geword het nie, het hy weggegaan om by die Lamaniete aan te sluit.

Amliki

was ʼn bose man wat koning van die Nefiete wou wees. Toe hy nie koning geword het nie, het hy en sy volgelinge weggegaan, die Nefiete aangeval, en toe by die Lamaniete aangesluit.

Amlikiete

volgelinge van Amliki. Hulle het ʼn rooi merk op hul voorkoppe geplaas en by die Lamaniete aangesluit.

Ammaron

ʼn regverdige man wat die rekords aan Mormon gegee het sodat hulle veilig sou wees

Ammon, volk van

Lamaniete tot bekering gebring deur die seuns van Mosia. Hulle het hulle wapens begrawe en ʼn verbond gesluit om nooit weer te veg nie.

Ammon1

die leier van ʼn groep Nefiete vanaf Zarahemla wat na die land van Nefi gegaan het en Nefiete daar gehelp het om te ontsnap

Ammon2

een van Mosia se seuns wat Koning Lamoni se kuddes teen rowers beskerm het. Hy het baie Lamaniete geleer en tot bekering gebring gedurende sy sending.

Amulek

ʼn sendingmetgesel van Alma die Jongere. Hulle is in die gevangenis gegooi, maar het die mag van God gebruik om die mure van die tronk ineen te laat stort.

Amulon

ʼn goddelose priester van Koning Noag wat heerser oor Alma se volk geword het. Hy het hulle baie hard laat werk en gedreig om enigiemand dood te maak wat uitgevang word terwyl hulle bid.

Anti-Nefi-Lehi’s

(sien Ammon, volk van)

Benjamin, Koning

ʼn regverdige koning wat op ʼn toring gestaan het om sy mense te leer aangaande Jesus Christus

Corianton

ʼn seun van Alma die Jongere wat nie ʼn gelowige en regverdige sendeling was nie

Coriantumr

ʼn goddelose koning wat die laaste lewende Jerediet was

Enos

ʼn seun van Jakob wat die hele dag en tot in die nag gebid het. Hy het vir die Nefiete en die Lamaniete gebid.

Ether

ʼn profeet wat die Jerediete gewaarsku het om te bekeer en oor hulle vernietiging geskryf het

Eva

die eerste vrou op aarde

Gideon

ʼn regverdige Nefiet wat die Kerk beskerm het toe Nehor vir die mense begin leuens vertel het. Nehor het hom vermoor.

Hagot

ʼn Nefitiese skipbouer wat baie Nefiete na die lande in die noorde geneem het

Helaman

die oudste seun van Alma die Jongere. Die heilige rekords is aan hom gegee, en hy is aangesê om die geskiedenis van sy mense neer te skryf. Hy was ook die leier van 2,000 jong krygers.

Himni

ʼn seun van Koning Mosia en ʼn sendeling aan die Lamaniete

Ismael

ʼn man wat saam met Lehi en sy familie na die beloofde land gereis het. Sy dogters het met Lehi se seuns getrou.

Jakob

Lehi en Saria se seun. Hy het Sjerem, wat gesê het dat Christus nie bestaan nie, gekonfronteer.

Jerediete

volgelinge van Jered en sy broer wat Babel verlaat het en in bote na die beloofde land gereis het

Jered se broer

ʼn profeet wat vir Jesus gevra het om 16 klippies aan te raak sodat hulle lig kon gee aan die binnekant van die bote wat die Jerediete gebruik het om na die beloofde land te reis

Josef

ʼn regverdige seun van Lehi en Saria wat in die wildernis gebore is

Joseph Smith Jnr.

ʼn profeet van die laaste dae wat die Boek van Mormon van die goue plate af vertaal het

koningsmanne

Nefiete wat wou hê dat ʼn koning hulle regeer, en nie regters nie. Toe hulle nie ʼn koning kon kry nie, het hulle by die Lamaniete aangesluit en die Nefiete aangeval.

Korihor

ʼn goddelose man wat ʼn teken wou hê as bewys dat God lewe. God het Korihor ʼn teken gegee deur sy stem weg te neem.

Laban

ʼn goddelose man in Jerusalem wat nie die bronsplate vir Lehi se seuns wou gee nie

Laman

die oudste seun van Lehi en Saria. He was ʼn goddelose man wat teen God gerebelleer het.

Laman, Koning

ʼn goddelose Lamanitiese koning wat twee stede vir Zenif en sy Nefitiese volgeling gegee het, en hulle toe aangeval het

Lamaniete

nasate van of volgelinge van Laman en Lemuel of mense wat die evangelie verwerp het

Lamoni, Koning

ʼn Lamanitiese koning wat die evangelie geleer is en geglo het. Ammon2 het die koning se kuddes teen rowers beskerm.

Lamoni, vader van Koning

ʼn Lamanitiese koning wat die evangelie geleer is en geglo het. Hy het gesê dat hy al sy sondes sou weggee om God te ken.

Lehi1

ʼn profeet wat gewaarsku het dat Jerusalem verwoes sou word. Hy het geluister toe die Here vir hom gesê het om sy familie die wildernis in te neem.

Lehi2

die seun van Helaman. Hy en sy broer, Nefi, is in die gevangenis gegooi en deur vuur omring.

Lemuel

ʼn goddelose seun van Lehi en Saria

Limhi, Koning

ʼn goeie seun van goddelose Koning Noag. Hy en sy volk was slawe van die Lamaniete, maar het ontsnap.

Maria

die moeder van Jesus

Mormon

ʼn leier van die Nefitiese leërs en een van die laaste Nefitiese profete. Hy het die Boek van Mormon saamgestel.

Moroni

Mormon se seun en die laaste Nefitiese profeet. Hy het die goue plate begrawe en het later as ʼn engel aan Joseph Smith verskyn.

Moroni, Kaptein

ʼn regverdige leier van die Nefitiese leër. Hy het die vaandel van vryheid gemaak en sy weermag aangesê om vir hulle vryheid te veg.

Mosia, Koning

die laaste Nefitiese koning. Hy het vier seuns gehad.

Nefi1

ʼn regverdige seun van Lehi en Saria. Hy het die bronsplate vanaf Laban gekry, en die skip gebou wat sy familie na die beloofde land geneem het.

Nefi2

die seun van Helaman. Hy en sy broer, Lehi, was in die tronk gegooi en deur vuur omring. Nefi het ʼn hongersnood veroorsaak om die mense te leer om te bekeer.

Nefi3

ʼn regverdige man wat deur Jesus Christus gekies is om ʼn dissipel en leier van die Kerk te wees.

Nefiete

nasate van of volgelinge van Nefi, of mense wat die evangelie aanvaar het

Nehor

ʼn goddelose man wat sterk teen God se Kerk gestry het. Hy het Gideon doodgemaak en is self tereggestel.

Noag, Koning

ʼn goddelose Nefitiese koning wat lief was vir rykdom en sy volk geleer het om goddeloos te wees. Sy eie mense het hom doodgebrand.

Omner

ʼn seun van Koning Mosia en ʼn sendeling aan die Lamaniete

Pahoran

ʼn hoofregter van die Nefiete wat Kaptein Moroni gehelp het om die goddelose Nefiete te oorwin

Sam

ʼn regverdige seun van Lehi en Saria

Samuel die Lamaniet

ʼn profeet wat aan die Nefiete geprofeteer het van die tekens van Jesus Christus se geboorte en dood

Saria

Lehi1 se vrou

Seantum

die broer en moordenaar van Seezoram

Seezoram

ʼn hoofregter wat deur sy broer vermoor is

seuns van Mosia

Koning Mosia se seuns: Aäron, Ammon,2 Himni, en Omner, wat dapper sendelinge aan die Lamaniete was

Siz

ʼn goddelose Jerediet wat ʼn leër teen Coriantumr gelei het en was een van die laaste lewende Jerediete

Sjerem

ʼn goddelose Nefiet wat ʼn teken wou hê voordat hy in Jesus Christus sou glo

twee duisend jong krygers

ʼn leër van jong Ammonitiese mans wat deur Helaman gelei was. Hulle het geveg sodat hul ouers wat ʼn verbond gesluit het om nie te veg nie, dit nie hoef te doen nie.

vrymanne

Nefiete wat die vryheid wou hê om te lewe en te aanbid soos hulle verkies. Hulle is deur regters regeer, en nie deur ʼn koning nie.

Zeesrom

ʼn regsgeleerde wat Amulek geld aangebied het om te sê dat God nie bestaan nie. Alma die Jongere het die evangelie aan hom geleer, en hy het bekeer.

Zenif

ʼn regverdige leier wat ʼn groep Nefiete vanaf Zarahemla na die land van Nefi geneem het, waar hulle slawe geword het van die goddelose Koning Laman

Zerahemna

ʼn Lamanitiese leier wat teen die Nefiete geveg het en hulle sy slawe wou maak. Sy kopvel is afgesny in ʼn veldslag teen Kaptein Moroni se leër.

Zoram

ʼn dienskneg van Laban wat saam met Lehi en sy familie na die beloofde land gereis het

Zoramiete

ʼn goddelose volk wat eers aan God se Kerk behoort het. Hulle het in sinagoges gebid op ʼn platform genaamd ʼn Rameümpton.