Scripture Stories
Hoofstuk 31: Kaptein Moroni Verslaan Zerahemna


Hoofstuk 31

Kaptein Moroni Verslaan Zerahemna

Beeld
Lamaniete praat

Zerahemna, die leier van die Lamaniete, wou hê sy volk moes aanhou om die Nefiete te haat en om hulle hul slawe te maak.

Beeld
Nefitiese soldate

Die Nefiete wou hulle land en families vry hou. Hulle wou ook vry wees om God te aanbid.

Beeld
Kaptein Moroni

Kaptein Moroni was die leier van die Nefitiese leërs. Toe die Lamaniete gekom het om te veg, het Moroni en sy leërs hulle in die land van Jerson ontmoet.

Beeld
Kaptein Moroni en leër

Kaptein Moroni het sy leër voorberei met wapens, skilde, wapenrusting, en dik klere.

Beeld
Lamanitiese leër

Die Lamaniete het ʼn groter leër gehad, maar hulle was bang toe hulle die Nefiete se wapenrusting gesien het—die Lamaniete het baie min klere gedra.

Beeld
Lamaniete kruip weg in die wildernis

Die Lamanitiese leër het nie gewaag om teen Kaptein Moroni se leër te veg nie. Die Lamaniete het in die wildernis in gehardloop en besluit om ʼn ander Nefitiese stad aan te val.

Beeld
Alma bid

Moroni het spioene gestuur om die Lamaniete dop te hou. Hy het ook gevra dat Alma tot die Here moes bid om hulp te vra. Die Here het vir Alma gesê waar die Lamaniete sou aanval.

Beeld
Moroni marsjeer sy leër

Toe Moroni Alma se boodskap ontvang het, het hy ʼn paar soldate agtergelaat om Jerson op te pas, en het die res van die leër gemarsjeer om die Lamaniete te ontmoet.

Beeld
Moroni se soldate kruip weg

Kaptein Moroni se soldate het aan beide kante van die Sidonrivier weggekruip, en gewag om die Lamanitiese leër in ʼn strik te vang.

Beeld
geveg in rivier

ʼn Geveg het begin, en die Lamaniete het probeer om te ontsnap deur die rivier oor te steek, maar meer Nefiete het aan die oorkant vir hulle gewag.

Beeld
Nefiete vuur pyle

Baie Nefiete is gedood deur Zerahemna en sy leër wat soos nooit tevore geveg het nie. Die Nefiete het tot die Here geroep om hulp.

Beeld
Nefiete vuur pyle

Die Here het die Nefitiese leër versterk. Die leër het die Lamaniete omsingel, en Moroni het die bevel gegee om op te hou veg.

Beeld
Moroni praat met Zerahemna

Moroni het vir Zerahemna gesê dat die Nefiete nie die Lamaniete wil doodmaak of hulle hul slawe wil maak nie.

Beeld
Moroni praat

Moroni het gesê dat die Lamaniete nie die Nefiete se geloof in Jesus Christus kon vernietig nie. Hy het gesê dat God sou aanhou om die Nefiete te help om te veg solank as hulle getrou was.

Beeld
Moroni beveel Zerahemna

Moroni het Zerahemna beveel om sy wapens te oorhandig. Die Lamaniete sou nie doodgemaak word as hulle belowe om nooit weer teen die Nefiete te veg nie.

Beeld
Zerahemna gee Moroni wapens

Zerahemna het sy wapens vir Moroni gegee maar wou nie belowe dat hy nie sou veg nie. Moroni het die wapens teruggegee sodat die Lamaniete hulself kon verdedig.

Beeld
Nefitiese soldaat breek Zerahemna se swaard

Zerahemna het vorentoe gespring om Moroni dood te maak, maar ʼn Nefitiese soldaat het Zerahemna se swaard geslaan en gebreek.

Beeld
soldaat skalpeer Zerahemna

Toe het ʼn soldaat Zerahemna se kopvel afgesny, dit op die punt van sy swaard gesit, en sy swaard in die lug opgehef.

Beeld
Lamanitiese kopvel

Hy het gesê die Lamaniete sou val soos die kopvel geval het as hulle nie hulle wapens oorhandig en belowe om nie weer te veg nie.

Beeld
Lamaniete oorhandig wapens

Baie Lamaniete het hulle wapens aan Moroni se voete gelê en belowe om nie weer te veg nie. Hulle is toegelaat om vry te gaan.

Beeld
Lamaniete veg

Zerahemna was woedend en het die res van sy soldate opgesweep om te veg. Moroni se soldate het baie van hulle doodgemaak.

Beeld
Zerahemna smeek Moroni

Toe Zerahemna gesien het dat hy en al sy manskappe doodgemaak sou word, het hy Moroni gesmeek om hul lewens te spaar. Hy het belowe om nooit weer teen die Nefiete te veg nie.

Beeld
Lamaniete loop weg van Nefiete

Moroni het die geveg gestop en die Lamaniete se wapens geneem. Nadat hulle belowe het om nie weer te veg nie, het die Lamaniete weggegaan.