Scripture Stories
Hoofstuk 3: Lehi Verlaat Jerusalem


Hoofstuk 3

Lehi verlaat Jerusalem

Beeld
Lehi se droom oor die reis

Die Here was tevrede met Lehi en het een nag met hom gepraat in ʼn droom. Hy het vir Lehi gesê om sy familie te neem en Jerusalem te verlaat. Lehi het die Here gehoorsaam.

Beeld
familie in die wildernis

Lehi se familie het voedsel en tente ingepak. Hulle het hulle huis en hulle goud en silwer agtergelaat en in die wildernis ingetrek.

Beeld
Lehi, Saria en vier seuns

Lehi en sy vrou, Saria, het vier seuns gehad. Hulle name was Laman, Lemuel, Sam en Nefi.

Beeld
tente en familie

Nadat hulle vir drie dae gereis het, het Lehi se familie in ʼn vallei naby ʼn rivier gekamp.

Beeld
Lehi en altaar

Lehi het ʼn altaar van klippe gebou en ʼn offerande aan God gebring. Hy het God gedank omdat Hy hulle familie gespaar het van vernietiging.

Beeld
Lehi, Laman en Lemuel

Lehi het die rivier Laman genoem, en die vallei Lemuel. Lehi wou hê dat sy seuns soos die rivier en vallei moes wees, voortdurend vloei na God en standvastig die gebooie onderhou.

Beeld
Laman en Lemuel

Laman en Lemuel het gedink dat hulle vader dwaas was om Jerusalem en hulle rykdomme agter te laat. Hulle het nie geglo dat Jerusalem vernietig sou word nie.

Beeld
Nefi bid

Nefi wou die dinge wat Lehi gesien het, verstaan. Hy het gebid om te weet of sy vader die regte ding gedoen het deur Jerusalem te verlaat.

Beeld
Nefi bid

Jesus Christus het Nefi besoek en vir hom gesê dat Lehi se woorde waar was. Nefi het geglo en het nie gerebelleer soos Laman en Lemuel nie.

Beeld
Nefi praat met Sam

Nefi het vir sy broers vertel wat Jesus vir hom gesê het. Sam het Nefi geglo, maar Laman en Lemuel wou nie glo nie.

Beeld
Nefi praat met sy broers

Die Here het Nefi belowe dat hy geseënd sou wees vanweë sy geloof. Hy sou ʼn leier oor sy broers word.