Scripture Stories
Hoofstuk 34: Helaman en die 2,000 Jong Krygers


Hoofstuk 34

Helaman en die 2,000 Jong Krygers

Beeld
wagte op die muur

Die volk van Ammon het God belowe dat hulle nooit weer sou veg nie. Hulle het naby die Nefiete gewoon en die Nefiete het hulle beskerm.

Beeld
mans praat met Helaman

Toe die vyande van die volk van Ammon die Nefiete aangeval het, wou die volk van Ammon hulle belofte verbreek en die Nefiete help veg.

Beeld
Helaman praat met groep

Helaman en die ander Nefitiese leiers wou nie hê dat die volk van Ammon hulle belofte aan God verbreek nie.

Beeld
seuns van die mense van Ammon

Die jong seuns van die volk van Ammon het nie hierdie belofte gemaak nie. Hulle wou die Nefitiese leër help veg vir vryheid.

Beeld
2,000 krygers

Twee duisend van hierdie jong manne het gekies om hulle land te verdedig. Hulle het Helaman gevra om hulle leier te wees.

Beeld
drie krygers

Hierdie jong manne was getrou, dapper en sterk. Hulle was ook eerlik en betroubaar en hulle het die gebooie van God onderhou.

Beeld
Helaman met krygers

Helaman het sy 2,000 jong krygers in die stryd gelei. Hy het hulle sy seuns genoem en hulle het hom hulle vader genoem.

Beeld
Helaman lei krygers

Alhoewel die seuns van Helaman nog nooit geveg het nie, was hulle nie bang nie. Hulle moeders het hulle geleer om geloof in God te hê en om te weet dat Hy hulle sou help.

Beeld
krygers in die stryd

Helaman en sy leër het verskeie veldslae teen die Lamaniete geveg. Hierdie jong manne het ál Helaman se opdragte gehoorsaam.

Beeld
krygers na die stryd

Hulle het dapper geveg en het gehelp om die vyand te verdryf. Na die stryd het Helaman gevind dat elkeen van sy seuns gewond was, maar nie een van hulle is gedood nie.

Beeld
Helaman en kryger

Dit was ʼn wonderwerk. Helaman was baie bly. Hy het geweet dat hierdie jong manne as gevolg van hulle groot geloof in God beskerm is.