Scripture Stories
Hoofstuk 47: Jesus Christus Seën Sy Dissipels


Hoofstuk 47

Jesus Christus Seën Sy Dissipels

Beeld
Jesus saam met dissipels

Eendag terwyl die dissipels besig was om saam te vas en te bid, het Jesus Christus na hulle gekom.

Beeld
Christus praat met dissipels

Die dissipels het Hom gevra wat hulle die Kerk moes noem. Jesus het gesê dat dit na Hom vernoem moes word, omdat dit sy Kerk was.

Beeld
Jesus praat met dissipels

Jesus het aan sy dissipels verduidelik dat Hemelse Vader Hom na die aarde gestuur het om sy lewe vir alle mense te gee.

Beeld
Christus praat met dissipels

Hy het gesê dat elkeen wat bekeer, en in sy Naam gedoop word, en sy gebooie onderhou, skuldeloos gehou sal word voor Hemelse Vader.

Beeld
Christus praat met dissipels

Die Verlosser het vir sy dissipels gesê om die dinge te doen wat hulle Hom gesien doen het. Hy het die voorbeeld vir hulle gestel.

Beeld
Christus praat oor die skrifture

Hy het ook vir hulle gesê om die dinge neer te skryf wat hulle gesien en gehoor het, sodat ander ook daarvan mag weet.

Beeld
Christus saam met dissipel

Jesus het sy dissipels gevra wat hulle van Hom begeer het. Nege van hulle wou graag saam met Hom wees nadat hulle aardse lewens geëindig het.

Beeld
Jesus saam met dissipels

Jesus het hulle belowe dat wanneer hulle 72 jaar oud is, hulle na Hom in die hemel sou gaan.

Beeld
Jesus saam met drie dissipels

Die ander drie dissipels het nie gedurf vra vir dít wat hulle wou hê nie, maar Jesus het geweet. Hulle wou op die aarde bly en die evangelie verkondig totdat Jesus weer gekom het.

Beeld
Verlosser saam met dissipels

Die Verlosser het hulle belowe dat hulle geen pyn of smart sou verduur nie en nie sou sterf nie. Hulle sou mense die evangelie leer totdat Hy weer terugkom.

Beeld
Jesus vertrek

Jesus het elke dissipel aangeraak, behalwe die drie wat op die aarde sou bly. Toe het hy vertrek.

Beeld
drie dissipels word na die hemel geneem

Die drie dissipels is hemel toe geneem, waar hulle baie wonderlike dinge gesien en gehoor het. Hulle was in staat om die dinge van God te verstaan.

Beeld
drie dissipels

Hulle liggame is verander sodat hulle nie sou sterf nie.

Beeld
dissipels doop andere

Die drie dissipels het teruggekeer aarde toe en begin preek en doop.

Beeld
drie dissipels in diep put

Goddelose Nefiete het die drie dissipels in die gevangenis en in diep putte gegooi, maar God se mag het hulle gehelp om te ontsnap.

Beeld
dissipels word in vuuroond gestoot

Toe hulle in vuuroonde of in kuile met wilde diere gegooi is, is hulle ook deur die mag van God beskerm.

Beeld
dissipels preek vir mense

Die drie dissipels het aangehou om die evangelie van Jesus Christus aan die Nefiete te verkondig. Hulle preek steeds sy evangelie.