Scripture Stories
Hoofstuk 5: Reis in die Wildernis


Hoofstuk 5

Reis in die Wildernis

Beeld
broers loop in die woestyn

Die Here wou hê dat Lehi se seuns vroue moes hê wat hulle kinders die evangelie sou leer. Hy het vir Lehi gesê om sy seuns terug te stuur na Jerusalem om Ismael se familie te gaan haal.

Beeld
Nefi praat met Ismael

Nefi en sy broers het na Jerusalem teruggekeer. Hulle het vir Ismael gesê wat die Here wou hê hy moes doen. Ismael het hulle geglo, en hy en sy familie het saam met Lehi se seuns gegaan.

Beeld
Laman en Lemuel is kwaad vir Nefi

Terwyl hulle in die wildernis gereis het, het Laman en Lemuel en party van Ismael se familie kwaad geword. Hulle wou teruggaan na Jerusalem.

Beeld
Nefi praat met Laman en Lemuel

Nefi het Laman en Lemuel herinner aan alles wat God vir hulle gedoen het. Hy het vir hulle gesê dat hulle groter geloof moes hê. Hulle was kwaad vir Nefi maar het nie teruggegaan na Jerusalem nie.

Beeld
paartjie wat trou

Nefi, sy broers, en Zoram het later met Ismael se dogters getrou.

Beeld
Lehi hou die Liahona vas

Die Here het vir Lehi gesê om voort te gaan met sy reis. Die volgende oggend het Lehi ʼn bronsbal, genoem die Liahona, buite sy tent gevind. Dit het die rigting in die wildernis aangedui.

Beeld
familie wat reis

Lehi se familie het voedsel en saad bymekaar gemaak en hulle tente gepak. Hulle het deur die wildernis gereis vir baie dae, en die aanwysings van die Liahona gevolg.

Beeld
besig om te jag

Nefi en sy broers het boë en pyle gebruik om kos te jag terwyl hulle gereis het.

Beeld
gebreekte boog

Nefi se staalboog het gebreek, en sy broers se boë het hulle krag verloor. Die broers kon nie enige diere doodmaak nie, en dus was almal honger. Laman en Lemuel was kwaad.

Beeld
houtboog

Nefi het ʼn houtboog gemaak en sy vader gevra waar hy moes gaan jag. Lehi het aanwysings in die Liahona ontvang. Nefi het die aanwysings gevolg en ʼn paar diere gevind.

Beeld
Lehi hou die Liahona vas

Die Liahona het slegs gewerk terwyl Lehi se familie getrou, ywerig en gehoorsaam was.

Beeld
Nefi het met kos teruggekeer

Nefi het teruggekeer met die diere wat hy gevind het. Almal was bly om kos te kry. Hulle was jammer dat hulle kwaad was, en hulle het God gedank omdat Hy hulle geseën het.

Beeld
Ismael se dogters

Dit was nie maklik om te reis nie. Lehi se familie was dikwels moeg, honger, en dors. Ismael het gesterf en sy dogters was treurig. Hulle het teenoor Lehi gekla.

Beeld
Laman en Lemuel

Laman en Lemuel het ook gekla. Hulle het nie geglo dat die Here met Nefi gepraat het nie. Hulle wou Lehi en Nefi doodmaak en teruggaan Jerusalem toe.

Beeld
Laman en Lemuel

Die stem van die Here het met Laman en Lemuel gepraat. Dit het vir hulle gesê om nie kwaad te wees vir Lehi en Nefi nie. Laman en Lemuel het bekeer.

Beeld
Lehi se familie

Lehi se familie het hulle moeilike reis voortgesit. God het hulle gehelp en versterk. Kinders is gebore. Lehi en Saria het nog twee seuns gehad, genaamd Jakob en Josef.

Beeld
familie wat reis

Nadat hulle vir agt jaar in die wildernis gereis het, het Lehi se familie by die kus aangekom. Daar het hulle vrugte en heuning gevind. Hulle het die plek Oorvloed genoem.