Scripture Stories
Hoofstuk 11: Enos


Hoofstuk 11

Enos

Beeld
Jakob gee plate vir Enos

Enos was Jakob se seun Hy het die plate bewaar en op hulle geskryf na sy vader se dood.

Beeld
Enos jag

Een dag het Enos in die woud gejag. Hy het aan sy vader se leringe gedink en wou vergewe word van sy sondes.

Beeld
Enos bid

Enos het gekniel en tot God gebid. Hy het die hele dag gebid en toe dit nag word het hy nog steeds gebid.

Beeld
Enos bid

God het vir Enos gesê dat sy sondes vergewe was vanweë sy geloof in Jesus Christus.

Beeld
Enos bid

Enos wou toe hê dat die Here die Nefiete moes seën. Hy het vir hulle gebid, en die Here het gesê dat hy hulle sou seën as hulle sy gebooie gehoorsaam.

Beeld
Lamaniete

Enos wou ook hê dat die Here die Lamaniete moes seën. Hy het met groot geloof gebid, en die Here het belowe om te doen wat Enos Hom gevra het.

Beeld
Lamaniete veg teen Nefiete

Selfs al het die Lamaniete teen die Nefiete geveg en probeer om hulle rekords te vernietig, het Enos gebid dat hulle ʼn regverdige nasie sou word.

Beeld
Enos bid

Enos het gebid dat die rekords wat hy bewaar het, veilig sou wees. Die Here het belowe dat hy eendag die leringe wat op die rekords was vir die Lamaniete sou gee.

Beeld
Enos preek vir die Nefiete

Enos het vir die Nefiete gepreek. Hy wou hê dat hulle in God moes glo en die gebooie gehoorsaam.

Beeld
Lamaniete aan die werk

Die Nefiete het probeer om die Lamaniete die evangelie te leer, maar hulle wou nie luister nie. Die Lamaniete het die Nefiete gehaat.

Beeld
Enos besig om te skryf

Enos het sy lewe deurgebring om die mense te leer van Jesus en die evangelie. Hy het God gedien en Hom al sy dae liefgehad.