Scripture Stories
Hoofstuk 25: Ammon Leer Koning Lamoni se Vader


Hoofstuk 25

Ammon Leer Koning Lamoni se Vader

Beeld
Aäron en sy metgeselle reis

Die Gees het Aäron en sy metgeselle na die land van Nefi gelei om Lamoni se vader, die koning oor al die Lamaniete, te leer.

Beeld
Aäron praat met die koning

Aäron het die koning vertel dat hy Ammon se broer was. Die koning het gedink oor Ammon se vriendelikheid en oor wat Ammon vir hom gesê het.

Beeld
Aäron praat met die koning

Aäron het die koning gevra of hy in God glo. Die koning het gesê dat hy nie seker is nie, maar dat hy Aäron sou glo as hy sê dat God bestaan. Aäron het die koning verseker dat God lewe.

Beeld
Aäron lees skrifture aan die koning

Aäron het die skrifture aan die koning voorgelees. Hy het hom van die aarde se skepping, Adam se Val, en Jesus Christus se sending geleer.

Beeld
koning praat met Aäron

Die koning het gevra wat hy nodig het om te doen om die Heilige Gees te hê en om gereed te wees om saam met God te lewe. Die koning was gewillig om enigiets te doen, selfs om sy koninkryk op te offer.

Beeld
Aäron praat met die koning

Aäron het die koning vertel dat hy ten volle van sy sondes moes bekeer. Hy moes bid en geloof hê in God.

Beeld
koning bid

Die koning het gebid om te weet of daar werklik ʼn God is. Hy het gesê dat hy al sy sondes sou weggee.

Beeld
koning op die grond

Die koning het op die grond neergeval, en het gelyk of hy dood was. Toe die koningin hom sien, het sy gedink dat Aäron en sy metgeselle hom doodgemaak het.

Beeld
koningin beveel diensknegte

Die koningin het haar diensknegte beveel om Aäron en sy metgeselle dood te maak, maar hulle was bang om dit te doen. Sy het hulle gestuur om ander mense te gaan haal om dit te doen.

Beeld
Aäron beveel die koning om op te staan

Voordat ʼn groot skare kon saamdrom en probleme veroorsaak, het Aäron die koning se hand geneem en hom beveel om te staan. Die koning het opgestaan.

Beeld
koning kalmeer vrou

Die koning het sy bevreesde vrou en diensknegte gekalmeer en het toe die evangelie aan hulle verkondig. Hulle het almal in Jesus Christus geglo.