Scripture Stories
Hoofstuk 21: Die Amlikiete


Hoofstuk 21

Die Amlikiete

Beeld
Amliki en sy volgelinge

Amliki was ʼn slim, bose man wat koning van die Nefiete wou wees. Hy het baie volgelinge gehad.

Beeld
mense kyk vir Amliki

Die regverdige Nefiete wou nie hê dat Amliki hul koning word nie. Hulle het geweet dat hy God se Kerk wou vernietig.

Beeld
Nefiete praat

Die Nefiete het in verskeie groepe bymekaar gekom om te besluit of Amliki koning moes wees. Meeste van die mense het teen Amliki gestem, en hy het nie koning geword nie.

Beeld
Amliki en sy volgelinge

Amliki en sy volgelinge het kwaad geraak. Hulle het die Nefiete verlaat, Amliki hul koning gemaak, en hulself die Amlikiete genoem. Amliki het hulle beveel om teen die Nefiete te veg.

Beeld
Nefiete maak pyle

Die regverdige Nefiete het voorberei om hulself met pyle en boë, swaarde, en ander wapens te verdedig.

Beeld
Nefiete oorwin die Amlikiete

Die Amlikiete het aangeval, en die Nefiete, wat deur Alma gelei en deur die Here versterk is, het baie van hulle doodgemaak. Die res van die Amlikiete het weggehardloop.

Beeld
Alma se spioene hou die Amlikiete dop

Alma het spioene gestuur om die Amlikiete dop te hou. Die spioene het gesien hoe hulle by ʼn groot Lamanitiese leër aansluit en Nefiete, wat naby Zarahemla woon, aanval.

Beeld
Nefiete veg teen Lamaniete-Amlikiete leër

Die Nefiete het gebid, en God het hulle weer gehelp. Hulle het baie van die soldate van die Lamaniete-Amlikiete leër doodgemaak.

Beeld
Alma maak Amliki dood

Alma en Amliki het met swaarde teen mekaar geveg. Alma het gebid dat sy lewe gespaar moes word, en God het hom krag gegee om Amliki dood te maak.

Beeld
veldslag

Die Nefiete het die Lamaniete en Amlikiete die wildernis ingejaag. Baie van die gewondes het daar doodgegaan en is deur die wilde diere verslind.

Beeld
Amlikiete merk hul voorkoppe

Net soos die Lamaniete, het die Amlikiete hulself met rooi gemerk, wat ʼn profesie vervul het. Die Amlikiete het hulself geskei van die seëninge van die evangelie.