Studiehulp
2. Berg Sinai (Horeb) en die Sinaiwoestyn


2. Berg Sinai (Horeb) en die Sinaiwoestyn

Beeld
foto 2

Daar is verskeie moontlike liggings vir Berg Sinai. Een van die tradisionele liggings is Jebel Musa (Berg van Moses), hier in beeld.

Betekenisvolle Gebeure: God verskyn aan Moses en gee aan hom die Tien Gebooie (Ex. 19–20). Moses, Aäron, twee van Aäron se seuns, en 70 ouderlinge het God gesien en met Hom gekommunikeer (Ex. 24:9–12). Die Here het Moses instruksies gegee vir die bou van die tabernakel (Ex. 25–28; 30–31). Die Israeliete aanbid ’n goue kalf wat hulle Aäron oorreed het om te maak (Ex. 32:1–8). Elía vlug na hierdie land vanuit die Jísreël-vallei, waar Koningin Isébel gewoon het (1 Kon. 19:1–18). Dit is ook waar Elía met God gespreek het (1 Kon. 19:8–19). (Sien GS Berg Sinai.)