Studiehulp
7. Betlehem


7. Betlehem

Beeld
foto 7

Hierdie foto toon klipperige heuwels en skaapherdervelde in die voorgrond, met die moderne stad Betlehem in die agtergrond.

Betekenisvolle Gebeure: Ragel is hier naby begrawe (Gén. 35:16–20). Rut en Boas het hier gewoon (Rut 1:19–2:4). Koning Dawid is hier gebore en as koning gesalf (1 Sam. 16:1–13). Die Saligmaker is hier gebore, en die herders en die Wyse Manne het Hom aanbid (Matt. 2:1–11; Lk. 2:4–16). (Sien GS Betlehem.)

Druk