Studiehulp
15. Jérigo


15. Jérigo

Beeld
foto 15

Hierdie foto toon plantegroei in hedendaagse Jérigo. In antieke tye was dit ’n ommuurde stad in die vallei van die Jordaanrivier, 252 meter onder seespieël. Dit is ’n ryk landbougebied waar dadelpalms en sitrusboorde floreer. In die agtergrond is die tradisionele Berg van Versoeking (Matt. 4:1–11).

Betekenisvolle Gebeure: Naby hierdie plek het Josua en die kinders van Israel eerste die Jordaanrivier oorgesteek, en die beloofde land binnegegaan (Jos. 2:1–3; 3:14–16). Die Here het die mure op ’n wonderbaarlike wyse laat inval voor die Israelitiese magte (Jos. 6; sien ook Hebr. 11:30). Josua vervloek die stad (Jos. 6:26), wat vervul is (1 Kon. 16:34). Elísa genees die water van Jérigo (2 Kon. 2:18–22). Die Saligmaker het hier deurgereis op sy laaste besoek aan Jerusalem, genees die blinde Bartiméüs en gaan tuis by Saggéüs, die tollenaar (Mark. 10:46–52; Lk. 18:35–43; 19:1–10). Die pad na Jérigo van Jerusalem is die toneel van die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan (Lk. 10:30–37). (Sien GS Jérigo.)