Studiehulp
21. Jísreël Vallei


21. Jísreël Vallei

Beeld
foto 21

Suid-westelike uitsig van die top van Berg Tabor na ’n gedeelte van Jísreël-vallei, ook bekend as die Vlakte van Esdraelon. Alhoewel die Jísreël-vallei dikwels beskou word as een groot vallei, is dit eintlik ’n reeks van valleie wat die Vlakte van Akko met die Jordaanvallei en die See van Galiléa-streek met mekaar verbind. Die vallei van Megíddo, byvoorbeeld, is in die westelike gedeelte van hierdie vallei. Die Jísreël-vallei was die hoofroete deur die Heilige Land en tussen die Middellandse See aan die weste en die Jordaanvallei aan die ooste.

Betekenisvolle Gebeure: Die vernaamste hoofweg wat Egipte en Mesopotamië verbind strek deur hierdie vallei, en baie veldslae het daar plaasgevind (Rigt. 1:22–27; 5:19; 2 Kon. 23:29–30). Die laaste groot stryd in hierdie land begin met die veldslag van Armagéddon, wat sal plaasvind kort voor die Tweede Koms van die Saligmaker; dit ontleen sy naam aan Har Megíddon, of Berg van Megíddo (Eség. 38; Joël 3:9–14; Sag. 14:2–5; Openb. 16:14–16).

Druk