Studiehulp
29. Athene


29. Athene

Beeld
foto 29

Hierdie foto, geneem van die Areópagus (Mars se Heuwel), toon die Akropolis van Athene, ligging van heilige plekke van verskeie heidense gode. Athene was die antieke Griekse hoofstad van Attika en in Nuwe Testamentiese tye was dit in die Romeinse provinsie van Acháje. Dit was vernoem ter ere van die heidense Griekse godin Athene. Teen Nuwe Testamentiese tye het Athene meeste van sy eertydse prag en praal verloor, maar het nog steeds beelde en monumente van gode en godinne bevat, insluitende die “Onbekende God” (Hand. 17:23).

Betekenisvolle Gebeure: Die Apostel Paulus het die stad besoek en sy rede oor die “Onbekende God” op die Areópagus gepredik (Hand. 17:15–34). Sendelinge is vanaf Athene na ander dele van Griekeland gestuur (1 Thes. 3:1–2).