Studiehulp
17. Sigem


17. Sigem

Beeld
foto 17

Die antieke ligging van Sigem. In die voorgrond is Berg Gerísim, en in die agtergrond is Berg Ebal. Sigem is tussen hierdie twee berge geleë.

Betekenisvolle Gebeure: Abraham het by Sigem gekamp (Gén. 12:6–7). Jakob het hier gekamp en ’n stuk grond gekoop (Gén. 33:18–20). Berg Gerísim was die berg van seëning, en Berg Ebal was die berg van vervloeking (Deut. 27–28). Josua het ’n monument op Berg Ebal opgerig met die wet van Moses daarop geskrywe en het die wet aan die Israeliete voorgelees (Jos. 8:30–35). Die beendere van Josef is in Sigem begrawe (Jos. 24:32).