Studiehulp
30. Korinthe


30. Korinthe

Beeld
foto 30

Korinthe was die hoofstad van die Romeinse provinsie van Acháje. Dit was geleë op die landengte wat die Peloponnesos met die vasteland van Griekeland verbind het, met ’n hawe aan beide die oostelike en westelike kante. Dit was ’n hawestad van rykdom en invloed.

Betekenisvolle Gebeure: Paulus het vir ’n jaar en ses maande in Korinthe gebly en die Kerk hier gevestig (Hand. 18:1–18). Paulus het verskeie briewe aan lede van die Kerk in die gebied van Korinthe geskryf, waarvan twee in die Nuwe Testament vervat is (1 en 2 Korinthiërs). Die Sendbrief aan die Romeine was waarskynlik vanuit Korinthe geskryf.