13. Gólgota
Hierdie rotswand, wat soos ’n skedel lyk, is net buitekant Jerusalem se Damaskuspoort (Joh. 19:17, 20). Dit is ’n moontlike ligging van Gólgota, waar die Kruisiging plaasgevind het.
Betekenisvolle Gebeurlikheid: Nadat Jesus gegésel en bespot is, is Hy na ’n plek geneem “wat Gólgota genoem word … Plek van die Hoofskedel” waar Hy gekruisig is (Matt. 27:26–35; Joh. 19:17–18). (Sien GS Gólgota.)