Studiehulp
10. Trappe na die Tempel


10. Trappe na die Tempel

Beeld
foto 10

Die tempelgebied was in verskillende howe verdeel, en die buitenste howe was op die laagste vlak geleë. Die tempelgangers het deur verskeie hekke ingegaan, insluitend dié wat opwaarts gegaan het vanaf hierdie trappe na die buitenste howe en dan na die binneste howe. Duisende mense het hierdie trappe bestyg deur die jare, insluitend die Seun van God. Toe die leër van Titus hierdie tempel in 70 n.C. vernietig het, was die trappe bedek met rommel. Hulle is in die 1970s deur argeoloë ontbloot gedurende uitgrawings van ’n gedeelte van die ou stad Jerusalem.

Betekenisvolle Gebeurlikheid: Eségiël sien in ’n visioen die grootte en vorm van die toekomstige tempel (Eség. 40). (Sien GS Tempel, Huis van die Here.)