Studiehulp
11. Olyfberg


11. Olyfberg

Beeld
foto 11

Uitsig ooswaarts na die Olyfberg. Die gebou in die voorgrond dui ’n moontlike ligging aan van die Tuin van Getsémané. Op 24 Oktober 1841 het Ouderling Orson Hyde van die Kworum van die Twaalf Apostels die Olyfberg opgestap en ’n profetiese gebed van toewyding gedoen vir die terugkeer van die kinders van Abraham en die bou van die tempel.

Betekenisvolle Gebeure: Rome vernietig Jerusalem in 70 n.C. soos voorspel deur die Saligmaker op die Olyfberg (sien JS—M 1:23). Die Saligmaker sal op die Olyfberg staan voor sy verskyning aan die hele wêreld. (Sien Sag. 14:3–5; L&V 45:48–53; 133:19–20; GS Olyfberg.)