Studiehulp
23. See van Galiléa en die Berg van Saligsprekinge


23. See van Galiléa en die Berg van Saligsprekinge

Beeld
foto 23

Die suidwestelike uitsig oor die noordweste hoek van die See van Galiléa, ’n varswater meer. Die heuwel in die middel voorgrond is die tradisionele ligging van die Berg van Saligsprekinge. Kapérnaüm is na links, buite die foto. Tibérias is verder suid langs die westelike kus.

Betekenisvolle Gebeure: Die Saligmaker het baie van sy aardse bediening in hierdie streek deurgebring. Hier het Hy die Twaalf Apostels geroep en geordineer (Matt. 4:18–22; 10:1–4; Mark. 1:16–20; 2:13–14; 3:7, 13–19; Lk. 5:1–11), die Bergpredikasie uitgespreek (Matt. 5–7), en deur middel van gelykenisse onderrig (Matt. 13:1–52; Mark. 4:1–34). Wonderwerke wat Hy verrig het, sluit die volgende in: Hy het ’n melaatse genees (Matt. 8:1–4); ’n storm gekalmeer (Matt. 8:23–27); ’n legioen duiwels uit ’n jong man gedryf, wat toe in ’n trop varke ingevaar het wat in die see ingehardloop het (Mark. 5:1–15); het die 5,000 en die 4,000 gevoed (Matt. 14:14–21; 15:32–38); het sy dissipels gebied om hul nette in te werp, waardeur hulle baie visse gevang het (Lk. 5:1–6); het baie mense genees (Matt. 15:29–31; Mark. 3:7–12); en het na sy Opstanding verskyn om sy dissipels te onderrig (Mark. 14:27–28; 16:7; Joh. 21:1–23). (Sien GS Galiléa.)