Studiehulp
20. Joppe


20. Joppe

Beeld
foto 20

Noord-westelike uitsig oor die hawestad Joppe.

Betekenisvolle Gebeure: Jona het na Joppe gegaan om ’n skip na Tarsis te neem (Jona 1:1–3). Joppe was die hawe wat Salomo en later Serubbábel gebruik het om hout van die sederwoude van Libanon te bring om hulle tempels te bou (2 Kron. 2:16; Esra 3:7). Petrus het Tabíta, ook bekend as Dorkas, hier uit die dood opgewek (Hand. 9:36–43). Petrus het ook die visioen van die rein en onrein diere hier gehad, wat aan hom die noodsaaklikheid geopenbaar het om die bediening onder die nie-Jode te begin (Hand. 10). Orson Hyde het hier aangekom om die Heilige Land toe te wy in 1841.