Studiehulp
16. Silo


16. Silo

Beeld
foto 16

In hierdie westelike uitsig is die ruïnes van die antieke stad Silo net links van die middel.

Betekenisvolle Gebeure: Die stamme van Israel het bymekaargekom om hulle toekenning van die land te ontvang (Jos. 18–22). Die tabernakel en verbondsark was hier opgestel en het vir eeue lank daar gebly (Jos. 18:1). Hier het Hanna gebid en haar seun Samuel aan die Here se diens toegewy (1 Sam. 1). Die Israeliete het die ark uit Silo verwyder en word deur Filistyne verslaan, wat dan die ark buit (1 Sam. 4:1–11).