Studiehulp
26. Cesaréa-Filíppi


26. Cesaréa-Filíppi

Beeld
foto 26

Cesaréa-Filíppi is geleë aan die voet van Berg Hermon. Hierdie fontein is een van die bronwaters van die Jordaanrivier. Herodes Filippus, wat hierdie area regeer het, het ’n stad hier gebou ter ere van Caesar (sy keiser) en homself; die stad is voorheen Panias genoem, en word vandag Banias sowel as Cesaréa-Filíppi genoem.

Betekenisvolle Gebeurlikheid: Die Saligmaker het sy dissipels by Cesaréa-Filíppi ontmoet. Hier het Petrus verklaar dat die Saligmaker “die Christus, die Seun van die lewende God” was. Die Saligmaker het toe vir Petrus “die sleutels van die koninkryk van die hemele” belowe (Matt. 16:13–20).