Studiehulp
6. Heuwelland van Judéa


6. Heuwelland van Judéa

Beeld
foto 6

Die heuwelland van Judéa is omtrent 56 kilometer lank en 27 kilometer breed. Meeste van die land is klipperig en moeilik om te bewerk. Die heuwels word deur valleie opgebreek waarvan die land redelik vrugbaar is. Die vroegste Israeliete het in hierdie heuwels gewoon, en dit gebruik as beskerming teen invallers.

Betekenisvolle Gebeure: Die Here het hierdie land aan Abraham en sy nageslag beloof (Gén. 13:14–18; 17:8). Sara en Abraham is hier begrawe in die grot van Magpéla, in Hebron (Gén. 23:19; 25:9). Dawid verower Jerusalem van die Jebusiete (2 Sam. 5:4–9). Meer Ou Testamentiese gebeure is opgeteken wat in hierdie heuwels plaasgevind het as in enige ander streek.

Druk