Studiehulp
31. Éfese


31. Éfese

Beeld
foto 31

Die ruïnes van die Griekse teater by Éfese, waar die Apostel Paulus gepreek het. Gedurende Nuwe Testamentiese tye was Éfese dwarsdeur die bekende wêreld bekend vir sy wonderlike tempel wat ter ere van die heidense Romeinse godin Diana gebou was. Tans in ’n vervalle toestand, was Éfese eens die hoofstad van die Romeinse provinsie van Asië en ’n groot handelsentrum. Die silwersmede van die stad het ’n florerende besigheid gehad in die handel van beeldjies van Diana.

Betekenisvolle Gebeure: Die Apostel Paulus het Éfese besoek naby die einde van sy tweede sendingreis (Hand. 18:18–19). Op sy derde sendingreis het hy vir twee jaar in die stad gebly. Hy was gedwing om weg te gaan weens die oproer wat deur die silwersmede veroorsaak was omdat hulle besigheid verloor het omdat Paulus gepreek het teen die aanbidding van die valse godin Diana (Hand. 19:1, 10, 23–41; 20:1). Die teater van Éfese was die grootste wat ooit deur die Grieke gebou is en is die ligging waar Paulus se metgeselle deur ’n bende gekonfronteer is (Hand. 19:29–31). Paulus het ’n sendbrief geskryf aan die lede van die Kerk te Éfese tydens sy gevangenskap in Rome. Een van die sewe gemeentes van die Kerk in Asië aan wie die boek Openbaring gerig is, was in Éfese geleë (Openb. 1:10–11; 2:1).