Studiehulp
1. Nylrivier en Egipte


1. Nylrivier en Egipte

Beeld
foto 1

Plantegroei op die walle van die Nylrivier. Op ’n plek soos hierdie het Moses se moeder haar babaseun versteek. In die agtergrond is die woestyngebiede wat die meeste van Egipte uitmaak.

Betekenisvolle Gebeure: Die land is ontdek deur Egyptus (Abr. 1:23–25). Abraham het na Egipte gegaan (Gén. 12:10–20; Abr. 2:21–25). Josef is verkoop en na Egipte geneem, hy word ’n heerser, en red sy familie van hongersnood (Gén. 37; 39–46). Jakob se afstammelinge het in Egipte gewoon (Gén. 47; Ex. 1; 12:40). Die dogter van Farao het die baba Moses in die rivier gevind en hom grootgemaak (Ex. 2:1–10). Moses lei die Israeliete uit Egipte (Ex. 3–14). Maria, Josef en Jesus het na Egipte gegaan vir ’n rukkie om van Herodes te ontsnap (Matt. 2:13–15, 19–21). In die laaste dae sal die Egiptenare die Here ken, en die Here sal Egipte seën (Jes. 19:20–25). (Sien GS Egipte.)