Studiehulp
19. Cesaréa en die Vlakte van Saron na Karmel


19. Cesaréa en die Vlakte van Saron na Karmel

Beeld
foto 19

Noordwaartse uitsig oor die antieke seehawe van Cesaréa en die Vlakte van Saron. Aan die bokant van die foto kan die Karmelbergreeks gesien word.

Betekenisvolle Gebeure: Elía konfronteer die vals profete van Baäl by Berg Karmel (1 Kon. 18). Die Via Maris (Weg van die See), ’n belangrike pad in antieke tye, is oos van Cesaréa geleë. Na ’n merkwaardige visioen in Joppe, begin Petrus sy bediening onder die ander volke deur die evangelie te onderrig aan die hoofman Cornelius in Cesaréa (Hand. 10). Filippus het hier gepreek en gewoon en het vier dogters gehad wat geprofeteer het (Hand. 8:40; 21:8–9). Paulus was vir twee jaar ’n gevangene in die stad (Hand. 23–26). Hy het die evangelie gepredik aan Felix, Festus en aan Herodes Agríppa Ⅱ, wat gesê het “Jy beweeg my byna om ’n Christen te word” (Hand. 26:28).