Studiehulp
8. Jerusalem


8. Jerusalem

Beeld
foto 8

Noordwaartse uitsig oor Jerusalem. In die middel van die foto is ’n Moslem heiligdom met ’n goudbeslane koepel, genaamd die Koepel van die Rots. In antieke tye het die Jode in die tempel wat daar geleë was, aanbid. Die mure naby die Koepel van die Rots omring die ou stad Jerusalem. Aan die regterkant van die muur is die Kidron-vallei. Heel regs, buite die foto, is die Olyfberg. Aan die noordekant, anderkant die Koepel van die Rots, is ’n moontlike ligging van Gólgota, of Plek van die Hoofskedel.

Betekenisvolle Gebeure: Jerusalem was eertyds Salem genoem (Ps. 76:2). Abraham het tiendes aan Melgisédek betaal (Gén. 14:18–20). Abraham het gekom om Isak te offer (Gén. 22:2–14). Koning Dawid neem Jerusalem af van die Jebusiete (2 Sam. 5:4–9). Koning Salomo bou ’n tempel (1 Kon. 6–7). Lehi vertrek om na ’n land van belofte te gaan (1 Ne. 1:4; 2). Die Saligmaker het gedien en vir ons sondes versoening gedoen, en is opgewek (Matt. 21–28). Soos die Saligmaker geprofeteer het, is Jerusalem kort na sy dood vernietig (JS—M 1:3–20). Jerusalem sal in die laaste dae ingeneem word (Eség. 38–39; Joël 2–3; Openb. 11; 16). Die Saligmaker sal as deel van sy Tweede Koms hier verskyn (Sag. 12–14; L&V 45:48–53). (Sien GS Jerusalem; Salem.)