Studiehulp
24. Kapérnaüm


24. Kapérnaüm

Beeld
foto 24

Kapérnaüm, geleë aan die noordelike oewer van die See van Galiléa, was die middelpunt van Jesus se bediening in Galiléa (Matt. 9:1–2; Mark. 2:1–5). ’n Belangrike en florerende vissers- en handelsmiddelpunt, dit was die tuiste van nie-Jode sowel as Jode. Die bevolking van die eerste eeu het waarskynlik nooit 1,000 mense oorskry nie. Kapérnaüm was geleë op die kruispad van belangrike handelsroetes met vrugbare landbougrond. Romeinse soldate het badhuise en bergingsplekke hier opgerig. Ten spyte van die talle wonderwerke wat hier verrig is, het die mense in die algemeen die Saligmaker se bediening verwerp. Jesus het daarom die stad vervloek (Matt. 11:20, 23–24). Mettertyd het Kapérnaüm in onbruik verval en is steeds onbewoond.

Betekenisvolle Gebeure: Kapérnaüm was bekend as die Saligmaker se “eie stad” (Matt. 9:1–2; Mark. 2:1–5). Hy het baie wonderwerke op hierdie plek verrig. Byvoorbeeld, Hy het baie mense genees (Mark. 1:32–34), insluitende ’n hoofman oor ’n honderd se dienskneg (Lk. 7:1–10), Petrus se skoonmoeder (Mark. 1:21, 29–31), die verlamde wie se bed neergelaat is deur ’n dak (Mark. 2:1–12), en die man met die verdorde hand (Matt. 12:9–13). Hier het Jesus ook baie bose geeste uitgewerp (Mark. 1:21–28, 32–34), het die dogter van Jaïrus uit die dood opgewek (Matt. 9:18–19, 23–26; Mark. 5:22–24, 35–43), en die brood van die lewe predikasie in die sinagoge te Kapérnaüm gelewer (Joh. 6:24–59). Die Saligmaker het Petrus aangesê om ’n vis van die See van Galiléa te vang, sy bek oop te maak, en ’n muntstuk te vind waarmee ’n belasting betaal moes word (Matt. 17:24–27).