Studiehulp
28. Dan


28. Dan

Beeld
foto 28

Die antieke stad Dan was Lesem (Jos. 19:47) of Lais (Rigt. 18:7, 14) genoem voor die Israeliete die land in besit geneem het. Die fonteine wat by hierdie terrein geleë is, tesame met die fonteine by Cesaréa-Filíppi, is die hoofbronne van die Jordaanrivier. Jeróbeam se tempelterrein word hier getoon.

Betekenisvolle Gebeure: Abraham bevry Lot (Gén. 14:13–16). Die stam van Dan het die area ingeneem en dit Dan genoem (Jos. 19:47–48). Jeróbeam bou ’n vals tempel met ’n goue kalf wat bygedra het tot die ondergang van die noordelike tien stamme (1 Kon. 12:26–33). Dan was Israel se mees noordelike stad—vandaar dat die skrifture verwys na die land Israel “van Berséba tot Dan” (2 Kron. 30:5; Berséba was die mees suidelike stad). (Sien GS Dan.)