Studiehulp
14. Tuingraf


14. Tuingraf

Beeld
foto 14

Moontlike terrein van die tuingraf van Josef van Arimathéa. Sommige moderne profete het gevoel dat die Saligmaker se liggaam in die graf wat hier getoon word, geplaas is.

Betekenisvolle Gebeure: Nadat die Saligmaker aan die kruis gesterf het, is sy liggaam in ’n nuwe graf wat uit rots gekap is, gelê (Matt. 27:57–60). Op die derde dag het ’n paar vroue na die graf gegaan en gevind dat die Saligmaker se liggaam nie daar was nie (Matt. 28:1; Joh. 20:1–2). Die Apostels Petrus en Johannes het ook na die graf gegaan en gesien dat die Saligmaker se liggaam weg was (Joh. 20:2–9). Die herrese Saligmaker het aan Maria Magdaléna verskyn (Joh. 20:11–18).