Skrifture
Alma 13


Hoofstuk 13

Mans word geroep as hoëpriesters vanweë hulle uitnemende geloof en goeie werke—Hulle moet die gebooie onderrig—Deur regverdigheid word hulle geheilig en gaan die rus van die Here binne—Melgisédek was een van hulle—Engele verkondig blye tydings dwarsdeur die land—Hulle sal die werklike koms van Christus verkondig. Ongeveer 82 v.C.

1 En verder, my broers, ek wil julle gedagtes vorentoe neem na die tyd toe die Here God hierdie gebooie aan sy kinders gegee het; en ek wil hê dat julle moet onthou dat die Here God priesters ageordineer het, volgens sy heilige orde, wat volgens die orde van sy Seun was, om hierdie dinge aan sy volk te leer.

2 En daardie priesters is geordineer volgens die aorde van sy Seun, op ’n bwyse dat die volk daardeur mag weet op watter wyse hulle mag uitsien na sy Seun om verlossing.

3 En dit is die wyse waarvolgens hulle geordineer is—hulle is ageroep en bvoorberei vanaf die cgrondlegging van die wêreld volgens die dvoorkennis van God, vanweë hulle uitnemende geloof en goeie werke; in die eerste plek is hulle gelaat om goed of kwaad te ekies; daarom, omdat hulle die goeie gekies het, en omdat hulle uitermate groot fgeloof beoefen het, word hulle ggeroep met ’n heilige roeping, ja, met daardie heilige roeping wat berei was met, en volgens, ’n voorbereidende verlossing vir sodaniges.

4 En aldus is hulle ageroep tot hierdie heilige roeping vanweë hulle geloof, terwyl ander die Gees van God sou verwerp vanweë die hardheid van hulle harte en blindheid van hulle verstand, terwyl, as dit nie hiervoor was nie, mag hulle ’n ewe groot bvoorreg geniet het as hulle broers.

5 Of kortom, in die eerste plek was hulle agelyk aan hul broers; dus was hierdie heilige roeping berei vanaf die grondlegging van die wêreld vir diesulkes wat nie hulle harte sou verhard nie, en dit is in, en deur, die versoening van die Eniggebore Seun, wat berei was—

6 En aldus is hulle geroep deur hierdie heilige roeping, en geordineer tot die hoëpriesterskap van die heilige orde van God, om sy gebooie te onderrig aan die kinders van mense, sodat hulle ook sy arus mag binnegaan—

7 Hierdie hoëpriesterskap is volgens die orde van sy Seun, welke orde vanaf die grondlegging van die wêreld was; of, met ander woorde, dit is asonder begin van dae, of einde van jare, en is berei van ewigheid tot alle ewigheid, volgens sy bvoorkennis van alle dinge—

8 Nou is hulle ageordineer op hierdie wyse—hulle is geroep met ’n heilige roeping, en geordineer met ’n heilige ordinansie, en het die hoëpriesterskap van die heilige orde op hulle geneem, welke roeping, en ordinansie, en hoëpriesterskap, sonder begin of einde is—

9 So word hulle ahoëpriesters vir ewig, volgens die orde van die Seun, die Eniggeborene van die Vader, wat sonder begin van dae of einde van jare is, wat vol bgenade, billikheid en waarheid is. En so is dit. Amen.

10 Nou, soos ek gesê het aangaande die heilige orde, of hierdie ahoëpriesterskap, is daar baie wat geordineer is en hoëpriesters van God geword het; en dit was vanweë hulle uitnemende geloof en bbekering, en hulle regverdigheid voor God, omdat hulle verkies het om te bekeer en regverdigheid te doen eerder as om te vergaan;

11 Daarom is hulle geroep volgens hierdie heilige orde, en is ageheilig, en hulle bkleding is wit gewas deur die bloed van die Lam.

12 Nou, nadat hulle ageheilig is deur die bHeilige Gees, omdat hulle kleding wit gemaak is, omdat hulle crein en vlekkeloos voor God was, kon nie dsonde aanskou nie tensy dit met eafkeer was; en daar was baie, uitermate baie, wat rein gemaak is en die rus van die Here hulle God binnegegaan het.

13 En nou, my broers, ek wil hê dat julle jul voor God moet verootmoedig, en avrugte voortbring wat pas by bekering, dat julle ook daardie rus mag binnegaan.

14 Ja, verootmoedig julleself net soos die volk in die dae van aMelgisédek, wat ook ’n hoëpriester was volgens hierdie selfde orde waarvan ek gespreek het, wat ook die hoëpriesterskap op homself geneem het vir ewig.

15 En dit was hierdie selfde Melgisédek aan wie aAbraham btiendes betaal het; ja, selfs ons vader Abraham het tiendes betaal van een tiende deel van alles wat hy besit het.

16 Nou is hierdie aordinansies op hierdie wyse gegee, dat die volk daardeur mag uitsien na die Seun van God, dit was ’n bversinnebeeld van sy orde, of dit was sy orde, en dit dat hulle mag uitsien na Hom vir ’n vergifnis van hulle sondes, sodat hulle die rus van die Here mag binnegaan.

17 Nou hierdie Melgisédek was ’n koning oor die land Salem; en sy volk het toegeneem in ongeregtigheid en gruwel; ja, hulle het almal afgedwaal; hulle was vol allerlei booshede.

18 Maar Melgisédek, omdat hy magtige geloof beoefen het, en die amp van die hoëpriesterskap ontvang het volgens die aheilige orde van God, het bekering gepreek aan sy volk. En kyk, hulle het bekeer; en Melgisédek het vrede gevestig in die land in sy dae; daarom is hy die vredevors genoem, want hy was die koning van Salem; en hy het onder sy vader geheers.

19 Nou, daar was abaie voor hom, en daar was ook baie daarna, maar bniemand was groter nie; daarom, van hom het hulle meer in besonder melding gemaak.

20 Nou hoef ek nie die saak te verhaal nie; wat ek gesê het, behoort voldoende te wees. Kyk, die askrifture is voor julle; as julle hulle sal bverdraai, sal dit tot julle eie vernietiging wees.

21 En nou, dit het gebeur dat toe Alma hierdie woorde aan hulle gesê het, het hy sy hand uitgestrek na hulle en met ’n magtige stem uitgeroep, en gesê: Nou is die tyd om te abekeer, want die dag van heil kom nader;

22 Ja, en die stem van die Here, deur die amond van engele, verkondig dit aan alle nasies; ja, verkondig dit, sodat hulle blye tydings van groot blydskap mag hê; ja, en Hy laat hierdie blye tydings weerklink onder sy hele volk, ja, aan hulle wat ver en wyd verstrooi is op die aangesig van die aarde; daarom het dit na ons gekom.

23 En dit is aan ons bekendgemaak in aduidelike terme, sodat ons mag verstaan, dat ons nie kan dwaal nie; en dit omdat ons bswerwers in ’n vreemde land is; daarom, ons word dus hoog begunstig, want hierdie blye tydings is aan ons verkondig in alle dele van ons wingerd.

24 Want kyk, aengele verkondig dit in hierdie tyd aan baie in ons land; en dit is met die doel om die harte van die kinders van mense voor te berei om sy woord te ontvang ten tyde van sy koms in sy heerlikheid.

25 En nou wag ons net om die blye nuus te hoor wat aan ons verkondig word by monde van engele, van sy koms; want die tyd kom, ons aweet nie hoe gou nie. Mag God gee dat dit in my tyd mag wees; maar laat dit gouer of later wees, daarin sal ek my verbly.

26 En dit sal bekendgemaak word aan aregverdige en heilige manne, by monde van engele, ten tyde van sy koms, sodat die woorde van ons vaders vervul mag word, volgens dit wat hulle gespreek het aangaande Hom, wat volgens die gees van profesie was wat in hulle was.

27 En nou, my broers, ek awens uit die diepste deel van my hart, ja, met groot benoudheid en wel tot pyn toe, dat julle op my woorde sal ag slaan, en julle sondes afwerp, en nie die dag van julle bekering uitstel nie;

28 Maar dat julle jul sal verootmoedig voor die Here, en sy heilige Naam aanroep, en gedurig awaak en bid, dat julle nie bversoek mag word bo dit wat julle kan verduur nie, en sodoende gelei word deur die Heilige Gees, en nederig, csagmoedig, onderdanig, geduldig, vol liefde en alle lankmoedigheid word;

29 En ageloof het in die Here; en ’n hoop het dat julle die ewige lewe sal ontvang; en die bliefde van God altyd in julle harte hê, dat julle verhef mag word op die laaste dag en sy rus cbinnegaan.

30 En mag die Here aan julle bekering skenk, dat julle nie sy toorn op julle mag afbring nie, dat julle nie vasgebind mag word deur die kettings van die ahel nie, dat julle nie die tweede bdood mag ly nie.

31 En Alma het baie meer woorde met die volk gespreek, wat nie in hierdie boek geskrywe is nie.