Skrifture
Alma 12


Hoofstuk 12

Alma praat met Zeesrom—Die verborgenhede van God kan slegs gegee word aan die getroues—Mense word geoordeel deur hulle gedagtes, oortuiginge, woorde, en werke—Die goddelose sal ’n geestelike dood ly—Hierdie sterflike lewe is ’n proeftoestand—Die plan van verlossing bring die Opstanding teweeg en, deur geloof, ’n vergifnis van sondes—Bekeerlinge het ’n reg op barmhartigheid deur die Eniggebore Seun. Ongeveer 82 v.C.

1 Nou het Alma, toe hy sien dat die woorde van Amulek vir Zeesrom stilgemaak het, want hy het gesien dat Amulek hom betrap het in sy aleuens en bedrog om hom te vernietig, en toe hy sien dat hy begin bewe, onder ’n bbesef van sy skuld, het hy sy mond oopgemaak en met hom begin spreek, en om die woorde van Amulek te bevestig, en om dinge verder te verduidelik, of om die skrifture verder te ontvou as wat Amulek dit gedoen het.

2 Nou die woorde wat Alma met Zeesrom gespreek het is deur die volk rondomheen gehoor; want die skare was groot, en hy het op hierdie wyse gespreek:

3 Nou Zeesrom, jy sien dat jy betrap is in jou leuens en listigheid, want jy het nie vir mense alleen gelieg nie, maar jy het ook vir God gelieg; want kyk, Hy ken al jou agedagtes, en jy sien dat jou gedagtes aan ons bekend gemaak word deur sy Gees;

4 En jy sien dat ons weet dat jou plan ’n baie listige plan was, soos die listigheid van die duiwel, om te lieg en hierdie volk te bedrieg sodat jy hulle teen ons mag opsweep, om ons te beledig en ons uit te werp—

5 Nou dit was ’n plan van jou ateenstander, en hy het sy krag getoon in jou. Nou wil ek hê dat jy moet onthou dat wat ek aan jou sê, sê ek aan almal.

6 En kyk, ek sê vir julle almal dat dit ’n strik was van die teenstander, wat hy gestel het om hierdie volk te vang, sodat hy julle onderdanig mag maak aan hom, sodat hy julle mag omknel met sy akettings, sodat hy julle mag vasketting vir die ewigdurende vernietiging, volgens die mag van sy slawerny.

7 Nou toe Alma hierdie woorde gespreek het, het Zeesrom meer uitermate begin bewe, want hy was al hoe meer oortuig van die krag van God; en hy was ook oortuig dat Alma en Amulek ’n kennis gehad het omtrent hom, want hy was oortuig dat hulle die gedagtes en bedoelings van sy hart geken het; want mag is aan hulle gegee dat hulle mag weet van hierdie dinge volgens die gees van profesie.

8 En Zeesrom het ywerig begin om hulle uit te vra, sodat hy meer mag weet aangaande die koninkryk van God. En hy het aan Alma gesê: Wat beteken dit wat Amulek gespreek het aangaande die opstanding van die dode, dat almal sal opstaan uit die dood, beide die regverdiges en die onregverdiges, en gebring word om te staan voor God, om geoordeel te word volgens hulle werke?

9 En nou het Alma begin om hierdie dinge aan hom uit te lê, en gesê: Dit word aan baie gegee om die averborgenhede van God te ken, nieteenstaande word hulle onder ’n streng gebod geplaas dat hulle nie sal meedeel nie, bslegs volgens die gedeelte van sy woord wat Hy aan die kinders van mense skenk, volgens die gehoorsaamheid en die ywer wat hulle aan Hom gee.

10 En daarom, hy wat sy hart sal averhard, ontvang die bmindere gedeelte van die woord; en hy wat cnie sy hart sal verhard nie, aan hom word ’n groter gedeelte dgegee van die woord, totdat dit aan hom gegee word om die verborgenhede van God te ken, totdat hy hulle ten volle ken.

11 En hulle wat hulle harte sal verhard, aan hulle word die mindere agedeelte van die woord gegee, totdat hulle bniks weet aangaande sy verborgenhede nie; en dan word hulle gevange geneem deur die duiwel, en gelei deur sy wil tot vernietiging toe. Nou, dit is wat bedoel word met die ckettings van die dhel.

12 En Amulek het duidelik gespreek aangaande die adood, en van die opstanding uit hierdie sterflikheid tot ’n toestand van onsterflikheid, en om gebring te word voor die regbank van God, om bgeoordeel te word volgens ons werke.

13 Dan as ons harte verhard is, ja, as ons ons harte verhard het teen die woord, in soverre dat dit nie in ons bevind is nie, dan sal ons toestand vreeslik wees, want dan sal ons veroordeel word.

14 Want ons awoorde sal ons veroordeel, ja, al ons werke sal ons veroordeel; ons sal nie vlekkeloos bevind word nie; en ons gedagtes sal ons ook veroordeel; en in hierdie vreeslike toestand sal ons nie durf opkyk na ons God nie; en ons sal nogal bly wees as ons die rotse en die bberge kon beveel om op ons te val om ons van sy teenwoordigheid te cverberg.

15 Maar dit kan nie wees nie; ons moet uitkom en voor Hom staan in sy heerlikheid, en in sy krag, en in sy mag, majesteit, en heerskappy, en beken tot ons ewigdurende askande dat al sy boordele regverdig is; dat Hy regverdig is in al sy werke, en dat Hy barmhartig is teenoor die kinders van mense, en dat Hy alle mag het om elke mens te red wat glo in sy Naam en vrugte voortbring wat by bekering pas.

16 En nou, kyk, ek sê vir julle dan kom ’n dood, naamlik ’n tweede adood, wat ’n geestelike dood is; dan kom ’n tyd dat wie ook al sterf in sy sonde, wat die tydelike bdood betref, ook ’n geestelike dood sal csterf; ja, hy sal sterf wat die dinge van regverdigheid betref.

17 Dan is dit die tyd dat hulle pynigings sal wees soos ’n apoel van vuur en swael, waarvan die vlam opstyg vir ewig en ewig; en dan is die tyd dat hulle vasgeketting sal wees aan ’n ewigdurende vernietiging, volgens die mag en slawerny van Satan, omdat hy hulle onderwerp het aan sy wil.

18 Dan, ek sê vir julle, sal hulle wees asof daar ageen verlossing teweeggebring is nie; want hulle kan nie verlos word volgens God se geregtigheid nie; en hulle kan nie bsterwe nie, aangesien daar geen verganklikheid meer is nie.

19 Nou, dit het gebeur dat toe Alma ’n einde gemaak het om hierdie woorde te spreek, het die volk meer verbaas begin word;

20 Maar daar was ene Antiona, wat ’n hoofleier onder hulle was; hy het na vore gekom en aan hom gesê: Wat is dit wat jy gesê het, dat ’n mens sal opstaan uit die dood en verander word van hierdie sterflike in ’n aonsterflike toestand, sodat die siel nooit kan sterf nie?

21 Wat beteken die skriftuur wat sê dat God agérubs en ’n vlammende swaard aan die oostekant van die tuin van bEden geplaas het, sodat ons eerste ouers nie sou binnegaan en van die vrug van die boom van die lewe neem, en vir ewig lewe nie? En so sien ons dat daar geen moontlike kans was dat hulle vir ewig sou lewe nie.

22 Nou het Alma aan hom gesê: Dit is die ding wat ek op die punt was om te verduidelik. Nou sien ons dat Adam ageval het deur van die verbode bvrug te neem, volgens die woord van God; en so sien ons, dat deur sy val, alle mense ’n cverlore en gevalle volk geword het.

23 En nou, kyk, ek sê vir julle, dat as dit moontlik was vir Adam om op daardie tyd van die vrug van die boom van die lewe te aneem, daar geen dood sou wees nie, en die woord sou vergeefs wees, wat God tot leuenaar sou gemaak het, want Hy het gesê: bAs jy eet, sal jy sekerlik sterwe.

24 En ons sien dat die adood oor die mens kom, ja, die dood waarvan gespreek is deur Amulek, wat die tydelike dood is; nogtans is aan die bmens ’n tydperk gegun waarin hy mag bekeer; daarom het hierdie lewe ’n toetsing geword; ’n tyd om cvoor te berei om God te ontmoet; ’n tyd om voor te berei vir daardie eindelose toestand waarvan deur ons gespreek is, wat na die opstanding van die dode is.

25 Nou, as dit nie was vir die aplan van verlossing nie, wat gesmee is vanaf die grondlegging van die wêreld, kon daar geen bopstanding van die dode gewees het nie; maar daar was ’n plan van verlossing gesmee, wat die opstanding van die dode sal teweegbring, waarvan gespreek is.

26 En nou kyk, as dit moontlik was dat ons eerste ouers kon uitgaan en van die aboom van die lewe kon geneem het, sou hulle vir ewig ellendig gewees het, omdat hulle geen voorbereidende toestand gehad het nie; en so sou die bplan van verlossing verydel gewees het, en die woord van God sou tevergeefs gewees het, en geen uitwerking hê nie.

27 Maar kyk, dit was nie so nie; maar dit is vir mense avasgestel dat hulle moet sterwe; en na die dood moet hulle bgeoordeel word, en wel daardie selfde oordeel waarvan ons gespreek het, wat die einde is.

28 En nadat God bepaal het dat hierdie dinge na die mens moet kom, kyk, toe het Hy gesien dat dit raadsaam was dat die mens omtrent die dinge sou weet wat Hy vir hulle bepaal het.

29 Daarom het Hy aengele gestuur om met hulle te spreek, wat die mens die heerlikheid van God laat sien het.

30 En hulle het van daardie tyd af begin om sy Naam aan te roep; daarom het God met die mens agespreek, en aan hulle sy bplan van verlossing bekend gemaak, wat berei is vanaf die cgrondlegging van die wêreld; en dit het Hy aan hulle bekend gemaak volgens hulle geloof en bekering, en hulle heilige werke.

31 Daarom, Hy het agebooie aan die mens gegee, omdat hulle beerste die eerste gebooie oortree het aangaande die dinge wat stoflik was, en soos gode geword het, wat goed van kwaad cgeken het, en hulleself in ’n posisie geplaas het om te dhandel, of geplaas was in ’n toestand om te handel volgens hulle wil en welbehae, om kwaad of goed te doen—

32 Daarom het God aan hulle gebooie gegee, nadat Hy aan hulle die plan van verlossing abekend gemaak het, dat hulle nie kwaad mag doen nie, waarvoor die straf ’n tweede bdood is, wat ’n ewigdurende dood is wat betref die dinge van cregverdigheid; want oor sulkes kon die plan van verlossing geen krag gehad het nie, want die werke van geregtigheid kan nie vernietig word, volgens die allesoortreffende goedheid van God nie.

33 Maar God het op die mens ’n beroep gedoen, in die Naam van sy Seun, (dit was die plan van verlossing wat vasgestel was), en gesê: As julle sal bekeer, en nie julle harte verhard nie, dan sal Ek barmhartig wees teenoor julle, deur my Eniggebore Seun;

34 Daarom, wie ook al bekeer, en nie sy hart verhard nie, hy sal geregtig wees om abarmhartigheid te ontvang deur my Eniggebore Seun, tot bvergifnis van sy sonde; en diesulkes sal cmy rus binnegaan.

35 En wie ook al sy hart sal verhard en ongeregtigheid sal doen, kyk, Ek sweer in my toorn dat hy my rus nie sal binnegaan nie.

36 En nou, my broers, kyk, ek sê vir julle, dat as julle jul harte sal verhard, julle nie die rus van die Here sal binnegaan nie; daarom vertoorn julle ongeregtigheid Hom, sodat Hy sy toorn op julle afstuur soos tydens die aeerste uittarting, ja, volgens sy woord, in die laaste uittarting sowel as die eerste, tot die ewigdurende bvernietiging van julle siele; daarom, volgens sy woord, tot die laaste dood, sowel as die eerste.

37 En nou, my broers, aangesien ons hierdie dinge weet, en hulle is waar, laat ons bekeer, en nie ons harte verhard nie, sodat ons nie die Here ons God auittart dat ons sy toorn op ons neertrek in hierdie, sy tweede gebooie wat Hy aan ons gegee het nie; maar laat ons die brus van God binnegaan, wat berei is volgens sy woord.