Skrifture
Alma 15


Hoofstuk 15

Alma en Amulek gaan na Sidom en stig ’n kerk—Alma genees Zeesrom, wat by die Kerk aansluit—Baie word gedoop, en die Kerk floreer—Alma en Amulek gaan na Zarahemla. Ongeveer 81 v.C.

1 En dit het gebeur dat Alma en Amulek beveel is om uit daardie stad te vertrek, en hulle het vertrek, en uitgekom en wel sover as die land Sidom; en kyk, daar het hulle al die mense gevind wat vertrek het uit die land aAmmoniha, wat buitgewerp en gestenig was, omdat hulle geglo het in die woorde van Alma.

2 En hulle het aan hulle alles vertel wat gebeur het met hulle avroue en kinders en ook aangaande hulleself, en van hulle bmag van bevryding.

3 En ook Zeesrom het siek gelê in Sidom, met ’n brandende koors, wat veroorsaak is deur die groot beproewings van sy gemoed vanweë sy aboosheid, want hy het veronderstel dat Alma en Amulek nie meer leef nie; en hy het veronderstel dat hulle gedood is vanweë sy ongeregtigheid. En hierdie groot sonde, en sy baie ander sondes, het sy verstand verskeur totdat dit uitermate smartvol geword het, en hy het geen verlossing gehad nie; daarom het hy begin brand met ’n brandende hitte.

4 Nou, toe hy hoor dat Alma en Amulek in die land Sidom was, het sy hart begin om moed te skep; en hy het dadelik ’n boodskap na hulle gestuur, en begeer dat hulle na hom toe kom.

5 En dit het gebeur dat hulle dadelik gegaan het, en die boodskap gehoorsaam het wat hy aan hulle gestuur het; en hulle het ingegaan in die huis na Zeesrom; en hulle het hom op sy bed gevind, siek, en hy was baie swak met ’n brandende koors; en sy gemoed ook was uitermate beangs vanweë sy ongeregtighede; en toe hy hulle sien, het hy sy hand uitgestrek, en hulle gesmeek dat hulle hom moes genees.

6 En dit het gebeur dat Alma aan hom gesê het, terwyl hy hom by die hand neem: aGlo jy in die krag van Christus tot heil?

7 En hy het geantwoord en gesê: Ja, ek glo al die woorde wat jy geleer het.

8 En Alma het gesê: As jy in die verlossing van Christus glo, kan jy agenees word.

9 En hy het gesê: Ja, ek glo volgens jou woorde.

10 En toe het Alma tot die Here geroep, en gesê: O Here ons God, wees hierdie man barmhartig, en agenees hom volgens sy geloof, wat in Christus is.

11 En toe Alma hierdie woorde gesê het, het Zeesrom op sy voete agespring, en begin om te loop; en dit is gedoen tot groot verbasing van al die mense; en die kennis hieromtrent het uitgegaan dwarsdeur die hele land Sidom.

12 En Alma het Zeesrom gedoop tot die Here; en hy het begin om van daardie tyd af te preek vir die volk.

13 En Alma het ’n kerk gestig in die land Sidom, en priesters en leraars geordineer in die land, om tot die Here te doop wie ook al begerig was om gedoop te word.

14 En dit het gebeur dat hulle baie was; want hulle het ingestroom vanuit die hele streek rondom Sidom, en is gedoop.

15 Maar wat die volk betref wat in die land Ammoniha was, hulle het nog ’n hardvogtige en hardnekkige volk gebly; en hulle het nie bekeer van hul sondes nie, en hulle het die mag van Alma en Amulek toegeskryf aan die duiwel; want hulle was van die geloof van aNehor, en het nie geglo aan die bekering van hulle sondes nie.

16 En dit het gebeur dat Alma en Amulek, want Amulek het al sy goud, en silwer, en sy kosbare dinge aagtergelaat, wat in die land Ammoniha was, vir die woord van God, omdat hy bverstoot is deur diegene wat eertyds sy vriende was, en ook deur sy vader en sy verwante;

17 Daarom, nadat Alma die kerk in Sidom gestig het, toe hy ’n groot abeteueling gesien het, ja, toe hy gesien het dat die volk beteuel was wat betref die hoogmoed van hulle harte, en begin het om hulself te bverootmoedig voor God, en begin het om bymekaar te kom by hulle heiligdomme om God te caanbid voor die altaar, en gedurigdeur te dwaak en te bid, sodat hulle verlos mag word van Satan, en van die edood, en van vernietiging—

18 Nou, soos ek gesê het, nadat Alma al hierdie dinge gesien het, daarom het hy Amulek geneem en oorgekom na die land Zarahemla, en hom na sy eie huis geneem, en hom versorg in sy beproewinge, en hom versterk in die Here.

19 En so het die tiende jaar van die heerskappy van die regters oor die volk van Nefi geëindig.