Skrifture
Alma 41


Hoofstuk 41

In die Opstanding staan mense op tot ’n toestand van eindelose geluk of eindelose ellende—Boosheid was nooit geluk nie—Vleeslike mense is sonder God in die wêreld—Elke persoon ontvang weer die karaktereienskappe en kenmerke verwerf tydens sterflikheid in die Herstelling. Ongeveer 74 v.C.

1 En nou, my seun, ek het ietwat te sê oor die herstelling waarvan gespreek is; want kyk, sommige het die skrifture averdraai, en het ver bafgedwaal vanweë hierdie ding. En ek merk dat jou gemoed ook bekommerd was aangaande hierdie ding. Maar kyk, ek sal dit aan jou verduidelik.

2 Ek sê vir jou, my seun, dat die plan van herstelling noodsaaklik is volgens die geregtigheid van God; want dit is noodsaaklik dat alle dinge herstel moet word tot hulle juiste orde. Kyk, dit is noodsaaklik en regverdig, volgens die krag en die opstanding van Christus, dat die siel van die mens herstel moet word tot sy liggaam, en dat elke adeel van die liggaam herstel moet word tot sy eie.

3 En dit is noodsaaklik volgens die ageregtigheid van God dat mense bgeoordeel moet word volgens hulle cwerke; en as hulle werke goed was in hierdie lewe, en die begeertes van hulle harte was goed, dat hulle ook, op die laaste dag, dherstel word tot dit wat goed is.

4 En as hulle werke boos is, sal dit tot hulle aherstel word ten kwade. Daarom, alle dinge sal herstel word tot hulle behoorlike orde, elke ding tot sy natuurlike gestalte—die bsterflikheid opgewek tot die onsterflikheid, cverganklikheid tot onverganklikheid—opgewek tot deindelose geluk om die koninkryk van God te beërwe, of tot eindelose ellende om die koninkryk van die duiwel te beërwe, die een aan die een kant, die ander aan die ander—

5 Die een opgewek tot geluk volgens sy begeertes vir geluk, of die goeie volgens sy begeertes tot die goeie; en die ander tot die boosheid volgens sy begeertes vir boosheid; want soos hy begeer het om die hele dag lank boosheid te doen, net so sal hy sy beloning hê van boosheid wanneer die nag kom.

6 En so is dit aan die ander kant. As hy bekeer het van sy sondes, en regverdigheid begeer het tot die einde van sy dae, net so sal hy beloon word vir regverdigheid.

7 aHierdie is hulle wat verlos word deur die Here; ja, hierdie is hulle wat losgemaak word, wat bevry word van die eindelose nag van duisternis; en so staan of val hulle; want kyk, hulle is hul beie regters, hetsy om goed of kwaad te doen.

8 Nou, die bevele van God is aonveranderlik; daarom, die weg is berei dat wie ook al wil, daarin mag wandel en gered word.

9 En nou, kyk, my seun, moenie nog ’n aoortreding waag teen jou God ten opsigte van daardie punte van leerstellings, wat jy tot dusver gewaag het om te sondig nie.

10 Moenie veronderstel, omdat daar gespreek is aangaande herstelling, dat jy herstel sal word van die sonde tot geluk nie. Kyk, ek sê vir jou, aboosheid was nooit geluk nie.

11 En nou, my seun, alle mense wat in ’n anatuurlike toestand is, of ek sou sê, in ’n bvleeslike toestand, is in die gal van bitterheid en in die bande van ongeregtigheid; hulle is csonder God in die wêreld, en hulle het teen die natuur van God gegaan; daarom, hulle is in ’n toestand teenstrydig met die aard van geluk.

12 En nou, kyk, is die betekenis van die woord herstelling om ’n ding in sy natuurlike toestand te neem en dit te plaas in ’n onnatuurlike toestand, of om dit te plaas in ’n toestand teenoorgesteld van sy natuur?

13 O, my seun, dit is nie die geval nie; maar die betekenis van die woord herstelling is om weer boos tot boos, vleeslik tot vleeslik, of die duiwelse tot die duiwelse terug te bring, goed tot dit wat goed is; regverdig tot dit wat regverdig is; die geregtigheid tot dit wat geregtig is; barmhartigheid tot dit wat barmhartig is.

14 Daarom, my seun, sorg dat jy barmhartig is teenoor jou broers; handel met ageregtigheid, boordeel regverdiglik, en cdoen altyddeur goed; en as jy al hierdie dinge doen, dan sal jy jou beloning ontvang; ja, jy sal weer dbarmhartigheid aan jou herstel hê; jy sal weer geregtigheid aan jou herstel hê; jy sal weer ’n regverdige oordeel aan jou herstel hê; en jy sal weer die goeie aan jou vergoed hê.

15 Want dit wat jy uitstuur, sal weer terugkeer tot jou, en herstel word; daarom, die woord herstelling veroordeel die sondaar nog meer, en regverdig hom glad nie.