Skrifture
Alma 45


Die verslag van die volk van Nefi, en hulle oorloë en onenigheid, in die dae van Helaman, volgens die kroniek van Helaman, wat hy bygehou het in sy dae.

Dit behels hoofstukke 45 tot 62.

Hoofstuk 45

Helaman glo die woorde van Alma—Alma profeteer die vernietiging van die Nefiete—Hy seën en vervloek die land—Alma kon opgeneem gewees het deur die Gees, net soos Moses—Onenigheid neem toe in die Kerk. Ongeveer 73 v.C.

1 Kyk, nou het dit gebeur dat die volk van Nefi uitermate verheug was omdat die Here hulle weer verlos het uit die hande van hulle vyande; daarom het hulle dank betuig teenoor die Here hulle God; ja, en hulle het baie agevas en baie gebid, en hulle het God aanbid met uitnemende vreugde.

2 En dit het gebeur in die negentiende jaar van die heerskappy van die regters oor die volk van Nefi, dat Alma na sy seun Helaman gekom het en aan hom gesê het: Glo jy die woorde wat ek tot jou gespreek het aangaande daardie akronieke wat bygehou is?

3 En Helaman het aan hom gesê: Ja, ek glo.

4 En Alma het weer gesê: Glo jy in Jesus Christus, wat sal kom?

5 En hy het gesê: Ja, ek glo al die woorde wat u gespreek het.

6 En Alma het weer aan hom gesê: Sal jy my abevele onderhou?

7 En hy het gesê: Ja, ek sal u bevele onderhou met my hele hart.

8 Toe het Alma aan hom gesê: Geseënd is jy; en die Here sal jou avoorspoedig maak in hierdie land.

9 Maar kyk, ek het ietwat om te aprofeteer aan jou; maar wat ek aan jou profeteer sal julle nie bekend maak nie; ja, wat ek aan jou profeteer sal nie bekend gemaak word, totdat die profesie vervul is nie; daarom, skryf die woorde wat ek sal sê.

10 En hierdie is die woorde: Kyk, ek gewaar dat hierdie selfde volk, die Nefiete, volgens die gees van openbaring wat in my is, binne avierhonderd jaar vanaf die tyd dat Jesus Christus Homself aan hulle sal openbaar, sal kwyn in bongeloof.

11 Ja, en dan sal hulle oorloë en pestilensies sien, ja, hongersnode en bloedvergieting, totdat die volk van Nefi auitgewis sal wees—

12 Ja, en dit omdat hulle sal kwyn in ongeloof, en verval tot die werke van duisternis, en awellustigheid, en allerlei ongeregtighede; ja, en ek sê vir jou, dat omdat hulle sal sondig teen so ’n groot lig en kennis, ja, ek sê vir jou, dat vanaf daardie dag, sal selfs die vierde geslag nie almal heengaan voordat hierdie groot ongeregtigheid sal kom nie.

13 En wanneer daardie groot dag kom, kyk, die tyd kom baie gou, wanneer hulle wat nou is, of die saad van hulle wat nou getel word onder die volk van Nefi, anie meer gereken sal word onder die volk van Nefi nie.

14 Maar wie ook al oorbly, en nie vernietig word op daardie groot en vreeslike dag nie, sal agereken word onder die Lamaniete, en sal soos hulle word, almal, behalwe ’n paar wat die dissipels van die Here genoem sal word; en vir hulle sal die Lamaniete vervolg btotdat hulle uitgewis sal wees. En nou, vanweë ongeregtigheid, sal hierdie profesie vervul word.

15 En nou het dit gebeur dat nadat Alma hierdie dinge met Helaman gespreek het, het hy hom geseën, en ook sy ander seuns; en hy het ook die aarde geseën ter wille van die aregverdiges.

16 En hy het gesê: So sê die Here God—aVervloek sal die land wees, ja hierdie land, vir elke nasie, stam, taal en volk, tot vernietiging toe, wat booslik handel, wanneer hulle ten volle ryp is; en soos ek gesê het, só sal dit wees; want dit is die vloek en die bseën van God oor die land, want die Here kan nie sonde aanskou met die cgeringste mate van aanvaarding nie.

17 En nou, toe Alma hierdie woorde gesê het, het hy die akerk geseën, ja, al diegene wat vas sou staan in die geloof van daardie dag af verder.

18 En toe Alma dit gedoen het, het hy vertrek uit die land Zarahemla, asof om na die land Melek te gaan. En dit het gebeur dat hy nooit meer van gehoor is nie; aangaande sy dood of begrafnis weet ons nie van nie.

19 Kyk, dít weet ons, dat hy ’n regverdige man was; en die gerug het in die kerk rondgegaan dat hy deur die Gees opgeneem is, of abegrawe is deur die hand van die Here, net soos Moses. Maar kyk, die skrifture sê dat die Here vir Moses tot Homself geneem het; en ons veronderstel dat Hy ook vir Alma in die gees ontvang het, tot Homself, daarom, om hierdie rede weet ons niks aangaande sy dood en begrafnis nie.

20 En nou het dit gebeur aan die begin van die negentiende jaar van die heerskappy van die regters oor die volk van Nefi, dat Helaman uitgegaan het onder die volk om die woord te verkondig aan hulle.

21 Want kyk, vanweë hulle oorloë met die Lamaniete en die baie klein onenighede en steurnisse wat onder die volk was, het dit noodsaaklik geword dat die awoord van God onder hulle verkondig moes word, ja, en dat ’n verordening gemaak moes word dwarsdeur die kerk.

22 Daarom, Helaman en sy broers het uitgegaan om die kerk weer te vestig in die hele land, ja, in elke stad dwarsdeur die hele land wat deur die volk van Nefi besit is. En dit het gebeur dat hulle priesters en leraars aangestel het dwarsdeur die hele land, oor al die kerke.

23 En nou het dit gebeur dat nadat Helaman en sy broers priesters en leraars aangestel het oor die kerke, dat daar ’n aonenigheid ontstaan het onder hulle, en hulle wou nie ag slaan op die woorde van Helaman en sy broers nie;

24 Maar hulle het hoogmoedig geword, omdat hulle verhewe was in hul harte, vanweë hulle uitermate groot arykdom; daarom het hulle ryk geword in hul beie oë, en wou nie ag slaan op hulle woorde, om opreg te wandel voor God nie.